Mak­li­ke ka­rak­ter­toets vir SA lei­ers

Beeld - - Kommentaar - T­heuns Kir­sten, P­re­to­ria

Je­sus het na aan­lei­ding van die ge­ly­ke­nis van die on­eer­li­ke be­stuur­der die vol­gen­de een­vou­di­ge ka­rak­ter­toets ge­stel:

“Wie in die klein­ste din­ge be­trou­baar is, is ook in die groot din­ge be­trou­baar; en wie in die klein­ste din­ge on­eer­lik is, is ook in groot din­ge on­eer­lik.” (Luk. 16.10)

Toen­ter­tyd, toe die a­part­heids­lei­ers die kon­sep van self­be­skik­king op die ta­fel ge­plaas het, moes hul­le al­ler­eers hul­self her­in­ner het aan die een­vou­di­ge ka­rak­ter­toets.

Na­tuur­lik kon dit ge­werk het, maar dan moes daar van die be­gin af ’n eer­li­ke ver­de­ling van grond en ryk­dom wees.

Dié ge­ly­ke ver­de­ling het nooit ge­beur nie en daar­om was a­part­heid met sy uit­ein­de­li­ke doel van self­be­skik­king niks an­ders as ’n leu­en nie.

In die don­ker­ste uur moet lei­ers van die lig na vo­re tree wat die pad uit die moe­ras kan kar­teer. Sul­ke lei­ers het my in­siens wel in die don­ker­ste uur van a­part­heid na vo­re ge­tree.

Die re­fe­ren­dum wat in 1992 ge­hou is, het toe som­mer ook ’n ka­rak­ter­toets ge­word.

Dit het nie daar­oor ge­gaan of hul­le ge­dink het ’n swart meer­der­heids­re­ge­ring die mas sal op­kom nie, maar of hul­le steeds kans ge­sien het om die a­part­heids­leu­en ver­der te leef.

Die meer­der­heid (± 70%) hét die ka­rak­ter­toets ge­slaag en daar­deur die eer­ste sooi ge­spit vir ’n nu­we eer­li­ke her­be­gin. Dit sou eg­ter vra dat hul­le groot op­of­fe­rings maak en help bou, nie net op die kant­lyn staan en kri­ti­seer nie.

Nou leef ons ’n nu­we leu­en waar­voor ons weer ’n vrees­li­ke prys gaan be­taal, om­dat ons lank­al nie meer ag slaan op Chris­tus se een­vou­di­ge ka­rak­ter­toets nie. Bo­langs gee ons voor dat ons die de­mo­kra­tie­se i­de­aal met al sy won­der­li­ke waar­des na­streef, maar on­der­langs stook ons die vu­re van on­eer­lik­heid, mags­mis­bruik, ge­brek aan aan­spreek­lik­heid, wet­te­loos­heid, gie­rig­heid en on­be­kwaam­heid.

Net soos des­tyds is ons be­sig om al die­per in die moe­ras in te sink. Daar is nood­roe­pe vir lei­ers van die lig om na vo­re te tree so­dat hul­le ons uit die moe­ras kan lei.

Net soos voor­heen moet dié lei­ers dalk eers vas­stel wat die meer­der­heid van Suid-A­fri­ka­ners wil hê. Is hul­le te­vre­de daar­mee om die leu­en te leef en die ver­skrik­li­ke ge­vol­ge daar­van te dra?

Of wil die meer­der­heid graag ’n twee­de keer pro­beer om die de­mo­kra­tie­se i­de­aal te ver­we­sen­lik en is hul­le be­reid om kaal voor die spie­ël te staan?

Dit gaan groot toe­wy­ding en op­of­fe­ring van die land se in­wo­ners vra, maar uit­ein­de­lik soe­te vrug­te op­le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.