Ons is nie groot op bieg hier nie

Beeld - - By -

My ma is te­rug. Sy het in die­self­de tyd as wat ek tien keer werk toe en te­rug ge­stap het, 240 km tot by “die ein­de van die wê­reld” – Kaap Fi­nis­ter­re in S­pan­je – ge­stap en só die Ca­mi­no-pel­grims­tog en nog so ’n ent­jie en­ke­le maan­de voor haar 65ste ver­jaar­dag vol­tooi.

Daar was hier en daar ’n tax­i­rit as die stap­skoe­ne te swaar raak, maar die tog was meestal te voet tot by die ka­te­draal van San­ti­a­go de Com­pos­te­la.

En nou, ná ’n Nag­maal in San­ti­a­go en via die M­cDo­nald’s op Du­bai-lug­ha­we, is sy weer hier in die Kaap.

Nou vat sy ’n mid­dag­sla­pie. ’n Pel­grim met jet lag. Sy lyk k­lein on­der die win­ter­ka­ros. Waar is die be­ne wat haar ge­dra het in die voet­spo­re van die a­pos­tel Ja­ko­bus deur re­ën, hit­te en ver­by an­der se mie­lie­lan­de en frie­skoeie? Aan haar rug­sak, wat een­kant staan, hang die pel­grimskulp wat die sto­rie help ver­tel.

Met haar aan­koms was sy hon­ger. Ek het dop­ge­hou ter­wyl sy so­veel ei­ers by die kos­win­kel op die lug­ha­we koop dat ek be­gin won­der het of Eu­ro­pa nog hoe­ge­naamd hoen­ders het.

Sy maak toe vir ons spek en ei­ers, maar daar’s iets an­ders wat aan my knaag. Al vir dae, dalk we­ke, voel ek so ’n bie­tjie ver­hon­ger deur die ka­ri­ge bood­skap­pe wat sy per W­hat­sApp laat deur­kom het: Dit was te krip­ties na my smaak, ook nog­al luk­raak. Hier ’n kerk­to­ring, daar ’n see­kat­poot in ’n re­stau­rant. Hier ’n koei, daar ’n me­de-SuidA­fri­ka­ner. Min de­tail en ver­al min plot. G’n ont­boe­se­ming. Niks voi­ce no­tes wat lui: “Gis­ter­aand het ek (weer) ge­ween en nie ge­weet hoe­kom nie.” Of: “Is die Nag­maal bloot ’n hei­li­ge pla­se­bo? Word ge­loof gro­ter na­ma­te twy­fel gro­ter word?” Daai is wat ek ge­soek het, as ek moet eer­lik wees: wen­ding, in­keer. K*k en ha­re, soos ’n vriend van my des­tyds om­trent al­les wat oor sy le­wens­pad sou kom, be­skryf het.

Dis nie dat ek my ma tra­ne en twy­fel toe­wens nie. Dis net dat “die Ca­mi­no” – hier­die wê­reld­be­roem­de tog van die Kerk van al­le Eeue – in my gees­tes­oog so­veel meer is as ’n soort S­paan­se Ot­ter­wan­del­pad. Dis tog ’n ont­gin­ning van die psi­ge, dan nie? Ek is ook ken­ne­lik be­ïn­vloed deur die won­der­li­ke boek El­ders, deur ’n an­der vriend, Erns Grund­ling, wat pel­grimspad­langs so ’n sier­li­ke swa­el­duik van die siel uit­ge­voer en ge­boek­staaf het.

Nou eet my ma roer­ei­ers en praat oor bieg. S­ta­dig be­gin sy ont­dooi, ont­boe­sem, op háár ma­nier. In die groot ka­te­draal in San­ti­a­go, met sy be­soe­kers van oor die he­le wê­reld, kan kerk­gan­gers in ver­skeie ta­le bieg, sê sy. Daar is ge­rie­we. Maar my ma het nie. Sy het wel ’n bieg­hok af­ge­neem met haar Samsung-foon. Ag­ter die gor­dy­ne kan jy sien daar is le­we.

Ons praat oor die bieg as in- stel­ling, as Kerk­tra­di­sie. My pa, ’n pro­to-Pro­tes­tant en moei­te­lo­se Cal­vi­nis, raak stil­ler en kap-kap met sy vurk na sy roer­ei­er.

Oor bieg weet ons ge­sin­ne­tjie bra min. Deels dank­sy Mar­tin Lut­her se S­tel­lings wat in 1517 vi­ral ge­gaan en ’n wig tus­sen “ons” en die ein­ste Kerk ge­dryf het waar­in my ma nou so lek­ker haar stap­skoen­tjies gaan uit­skop en na die koor­mu­siek sit en luis­ter het.

Waar­oor sou die men­se so sit en bieg, won­der ons moe­dig voort – drie blin­des wat tas deur ’n nag­don­ker ka­mer van ge­sprek.

Goed, Lut­her was meer teen die prak­tyk van die be­taal van ’n “af­laat” vir oor­tre­din­ge en kerk­li­ke kor­rup­sie in die al­ge­meen as teen bieg per se, en ten slot­te was hy pro-Ge­na­de, wat moei­lik is om mee fout te vind, maar hier­die jaar wat ons hom her­denk, won­der ek nog­al of hy nie daar­die s­tel­lings sou aan­pas of ver­sag as hy ge­weet het wat ons nou weet nie? Soos ’n He­len Zil­le-twiet.

Ek kyk so na my ma. Ne­ver­mind ki­lo­me­ters, hoe ver het sy nie nou te­rug­ge­reis in die Chris­ten­ge­loofs­tra­di­sie nie? Na ’n tyd voor NG Kerk-ar­gi­tek­tuur. Voor or­re­lis­te met tru­spie­ël­tjies op hul in­stru­men­te en voor tee ná ’n drie­punt- ge­struk­tu­reer­de 45 mi­nuut lan­ge pre­ke. ’n Tyd voor die Hu­ge­no­te en die E­dik van Nan­tes. ’n Tyd voor Lut­her en Barth en oom Bey en die Gaums. Dalk, prys God, ’n tyd voor ons.

In Dur­ban, waar ek groot­ge­word het, was daar nie hei­li­ges nie, of die bieg, die af­laat of ker­se of stil­te nie. Of juis spra­ke van die Kerk van al­le eeue nie. Daar was die be­leef­de rug­byspe- ler­do­mi­nee en som­mi­ge Son­dae was daar Ze­li­se se ma wat nie ’n bra ge­dra het nie.

My ma se ei­er is op. Sy ver­tel nog ’n sto­rie. ’n S­taal­tjie uit haar jeug in P­re­to­ria. Soms moet jy deur Eu­ro­pa stap om iets uit Groen­kloof te ont­hou.

My ma se ma se half­broer: “Hy’t snaaks ge­word.”

Hy be­land toe by Ka­to­lie­ke Gra­fi­ka: HANLIE MALAN non­ne, op sy ou­dag, in ’n te­huis. Hy had ’n kuns­ge­bit. Hy was ge­mak­lik en ge­luk­kig daar by die non­ne, on­danks die ef­fens volks­vreem­de kerk­hou en bieg.

Net een pro­bleem, ver­tel hy op ’n dag aan sy half­sus­ter: “Ek suk­kel om La­tyn te praat met my val­stan­de in.”

Ons lag en ek dek af. In die ys­kas is daar nog 20 ei­ers oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.