Mis­kien drink hy net ’n bier met pel­le...

Beeld - - By -

Hy ver­neuk jou. Heel waar­skyn­lik . . .

Gaan kui­er hy saam met vrien­de? Jam­mer ek lag. Dis nie snaaks nie. Hy kui­er se­ker ge­reeld saam met die boys nè.

Nee, T­jom­ma. Ek sê vir jou, hy is by sy skelm­pie. Hul­le is be­sig om dok­ter-dok­ter te speel.

Dit help nie jy bel een van sy pel­le nie. Hul­le gaan vir hom co­ver.

Jy hoef my nie te glo nie. Moet net nie ver­baas wees nie.

Bel jy hom nou. O­kei, ek wag. Wat sê hy? Daar is mu­siek in die ag­ter­grond?

Se­ker dat die bu­re hul­le nie hoor nie. Kom­plek­se is mos streng oor ge­raas – waar­sku­wings word soos rooi kaar­te uit­ge­deel.

Sy is waar­skyn­lik be­sig om sy nek te soen ter­wyl jy met hom praat. Haar han­de vroe­tel deur sy ha­re.

Sy stem is kalm, maar sy hart breek sy bors. Sy vel brand van die op­win­ding. Dis soos ’n dwelm. Hy is hoog op haar.

Jou stem oor die foon, haar han­de op hom, wat sy lyf be­kruip . . .

Hy hou daar­van dat jy nie weet nie. Hy be­heer jou per­sep­sie oor hom. Wat sê hy nou?

Mis hy jou? Na­tuur­lik sal hy dit sê. Hoe­kom sê jy dit te­rug? Nou weet hy jy glo hom. Dit maak dit nog lek­ker­der.

Hy gooi se­ker nou die foon neer en gryp haar. Sy gig­gel soos hy oor haar kom­bers.

Sy weet al lank­al van jou. Weet hoe jy lyk. Hy praat baie oor jou by haar. Kla. Sy kan jou ver­tel pre­sies wan­neer jul­le ba­klei het.

Sy weet wat jou ir­ri­teer van hom en wat hom frus­treer van jou.

Sy kry hom jam­mer. Sy het jou waar­skyn­lik al ge­groet of ge­druk.

Jou ge­kom­pli­men­teer oor die rok wat jy aan het. Sy het waar­skyn­lik voor­ge­stel dat hy daai rok vir jou koop.

Jy het haar een of twee keer ge­sien. Jy dink sy is ou­lik. Ga­we mei­sie.

Jy het waar­skyn­lik ge­won­der hoe­kom nie­mand haar nog op­ge­raap het ni. Min we­tend dat ie­mand reeds het.

Jy ken hom. Hy kom saans huis toe. Soen jou op die wang. Vra jou oor jou dag.

Jul­le eet lek­ker saam. Drink ’n glas wyn. Hy ver­tel jou in die fyn­ste be­son­der­he­de oor sy dag.

Dis deel van sy mag­spel. Hy wil hê jy moet glo dat jy al­les oor hom weet. Jy dink hy hou daar­van as jy sy ge­sig vryf, jy ken hom mos. Sy weet hy hou daar­van om op die bors ge­slaan te word.

As jy uit­vra oor die merk, sê hy vir jou dit was een van sy pel­le.

Hy noem selfs die pel sê naam. Jy kan die pel bel. Die pel sal be­ves­tig, want die pel weet van haar. Hy het jou be­stu­deer. Hy maak jou ge­luk­kig ge­noeg. Ge­noeg maak jou te­vre­de. Ge­noeg is vir hom te min.

Bot­ter aan die een kant is voor­spel­baar. Voor­spel­baar is ver­ve­lig.

En hul­le sê mans weet nie hoe om te mul­ti task nie. Hul­le is mees­ters daar­in.

Maar hei, wat weet ek . . . Mis­kien drink hy net ’n bier met pel­le . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.