50 jaar se puik diens in die lug

Beeld - - Bruide -

Air Mau­ri­ti­us het op 14 Ju­nie van­jaar sy 50ste her­den­king ge­vier. Mau­ri­ti­us se na­si­o­na­le lug­re­de­ry se goue her­den­king is ’n tes­ta­ment van sy suk­ses te mid­de van on­stui­mig­he­de in die lug­vaart­be­dryf, wat ver­oor­saak het dat baie me­de­din­gers hul vler­ke moes knip.

In die af­ge­lo­pe half­eeu het die maat­skap­py ge­groei om een van die dryf­ve­re te wees van die e­ko­no­mie van Mau­ri­ti­us. Hy het sy mis­sie as na­si­o­na­le lug­re­de­ry ver­vul en word dees­dae be­skou as ’n sta­bie­le en stra­te­gie­se pi­laar van die ei­land se toe­ris­me­be­dryf.

Air Mau­ri­ti­us is in 1967 ge­stig en sy eer­ste vlug het op 13 Sep­tem­ber 1972 op­ge­styg. Dees­dae vlieg die lug­re­de­ry na 27 be­stem­mings in Eu­ro­pa, A­fri­ka en Aus­tra­la­sië.

Car­la da Sil­va, Air Mau­ri­ti­us se streek s be­stuur­der vir Sui­der­ A­fri­ka en Suid­A­me­ri­ka, is baie trots op ver­al die groei op die A­fri­ka­vas­te­land. “Van­dag vlieg ons na Jo­han­nes­burg, Dur­ban, Kaap­stad, Ma­pu­to, Dar es Sa­laam en Nai­ro­bi. Suid­A­fri­ka ver­al was in­stru­men­teel om lang­ter­myn­werks­ver­hou­din­ge te skep.”

On­der lei­er­skap van Da Sil­va het Air Mau­ri­ti­us in 2010 die Tra­vel S­mart­pro­gram be­kend ge­stel met die doel om meer Suid­A­fri­ka­ners na dié tro­pie­se pa­ra­dys te lok ty­dens die koe­ler sei­soe­ne. Dit is ’n groot suk­ses, want wie kan voor­de­le soos gra­tis vlieg­kaart­jies vir kin­ders en af­slag vir wit­te­broods­paar­tjies weer­staan?

Air Mau­ri­ti­us vier ook ’n jaar van gro­ter be­leg­ging in sy toe­koms wan­neer twee nu­we vlieg­tuie by die vloot aan­sluit – twee A350­900’ s. Dié vlieg­tuig bied ’n bui­ten­ge­wo­ne er­va­ring vir pas­sa­siers.

Air Mau­ri­ti­us gaan ook op­gra­de­rings doen aan die bin­ne­kant van sy be­staan­de vloot vlieg­tuie.

Die A350­900 se eer­ste vlug na Suid­A­fri­ka is in No­vem­ber van­jaar. ) Air Mau­ri­ti­us borg die wen­bruid en die twee naas­wen­ners en hul we­der­helf­tes se vlug­te na Mau­ri­ti­us.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.