Leef­styl met

Beeld - - Leefstyl - Hoe sal jy som? Co­bus: Hugo: Wat kan ky­kers van hier­die kos­pro­gram ver­wag? Co­bus: Hugo: Wat is die top­drie re­des hoe­kom jy New York lief­het? Co­bus: Hugo: Wat­ter ei­en­skap­pe moet ’n mens be­sit om in New York te oor­leef? Co­bus: Hugo: Wat­ter ste­re­o­ti­pe van Ne

Die ge­we­se Suid-A­fri­ka­ners Co­bus Gau­ché en Hugo Uys woon in New York. Op Via (DStv-ka­naal 147) se nu­we kos­pro­gram, Sien jou in New York, kook hul­le saam met an­der uit­ge­we­ke­nes ’n nos­tal­gie­se maal­tyd in die Groot Ap­pel. Nu­we e­pi­so­des van Sien jou in New York word el­ke Woens­dag om 18:00 uit­ge­saai.

Al­mal wat hier aan­kom, het ’n sto­rie. Dié kos­pro­gram ver­tel hier­die sto­ries ter­wyl ons i­ko­nie­se New York-ba­kens be­soek en Suid-A­fri­kaan­se kos ge­niet.

Dit is ’n ver­to­ning wat die ky­ker na ’n an­der wê­reld sal ver­voer. Suid-A­fri­ka­ners ver­tel jou van hul stryd en suk­ses­se in ’n vreem­de stad (New York) ter­wyl hul­le hul guns­te­ling- i­ko­nie­se NY-ba­kens be­soek en Suid-A­fri­kaan­se kos met ’n NY­kin­kel eet.

Hul­le gaan lek­ker hon­ger wees ná el­ke e­pi­so­de!

Ek hoop dat ek die ky­kers kan help om na die kos te kyk wat hul­le nor­maal­weg sal be­rei en dit te ver­an­der om dit net ’n bie­tjie an­ders te maak. Ek wil hê men­se moet a­von­tuur­lus­tig wees en kan­se vat wan­neer hul­le kook. Ons is al­mal an­ders en hou van ver­skil­len­de smaak­pro­fie­le. 24-uur-e­ner­gie, kroeë bly tot 03:00 oop en jy het nie ’n kar no­dig nie. Dit is die smelt­kroes van die wê­reld en e­nig­iets is moont­lik in NY.

Moet nie te­rug­staan of skaam wees nie, moet nooit self­vol­daan raak nie en jy moet goeie net­werk­ver­moë hê.

Jy moet in staat wees om baie har­de werk en ’n be­si­ge so­si­a­le le­we te ba­lan­seer. En dan moet jy ook kan vas­byt en vol­hard.

Ons jaag van een plek na die an­der en ons is ge­ïr­ri­teerd met toe­ris­te wat s­ta­dig loop en stop om sel­f­ies te neem ter­wyl ons by die werk pro­beer uit­kom.

Ons is oor­pres­teer­ders en ons aan­vaar nooit nee as ’n ant­woord nie. ’n Warm­brak in Cen­tral Park, maar wees ge­waar­sku: Jy gaan tien teen een vir ’n paar dae kat skiet.

Daar is so­veel ver­skil­len­de op­sies in NY. My voor­stel is om iets te eet wat jy nog nie voor­heen pro­beer het nie – kos gaan nie net oor hoe dit smaak nie, maar ook die om­ge­wing waar­in jy dit ge­niet. Iets u­niek aan New York is be­slis ’n ge­kook­te ba­gel met room­kaas. ) Nu­we e­pi­so­des van Sien jou in New York wys el­ke Woens­dag om 18:00 met her­uit­sen­dings op Sa­ter­dae om 21:00.

Sien jou in New York in een sin op­ Co­bus Gau­ché en Hugo Uys is die aan­bie­ders van Sien jou in New York op Via.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.