Reg­te tyd vir win­ter­son­wen­ners Dit is koud en daar is dalk tans min in jou tuin wat jou op­ge­won­de maak, maar nou is eint­lik die per­fek­te tyd om aan twee win­ters­on­tref­fers aan­dag te gee. Dié plan­te sal jou bed­dings en rui­kers da­de­lik op­hel­der.

Beeld - - Leefstyl - Pa­pa­wers Waar om te plant Wa­ter en sorg Vi­let­te Jou pot­plant­keu­se In­lig­ting ver­skaf deur die Li­fe to your Gar­den­veld­tog. Kry meer in­lig­ting by lifeis­a­gar­den.co.za, of ge­sels saam by facebook.com/ lifeis­a­gar­den­sa.

Pa­pa­wers en vi­let­te is ons win­ter­wen­ners. Dit flo­reer in ’n koe­ler kli­maat en hou van die sag­te win­ter­son­ne­tjie. Stel jou die fris og­gend­bries, ge­vul met die lief­li­ke vars geur van blom­me, voor. Voor jou ven­ster ’n kleur­vol­le prent­jie wat die dag be­groet. Hier­die blom­vrien­de her­in­ner aan ’n tra­di­si­o­ne­le Vic­to­ri­aan­se tuin. Al­bei dié blom­soor­te is ge­wild by bloe­mis­te en word graag vir die vaas ge­pluk. Die goeie nuus is hoe meer jy pluk, hoe meer moe­dig jy ver­de­re groei aan. Die pa­pa­wer se hel­der kleu­re kom in al­le ska­ke­rings van ’n A­fri­ka-sons­on­der­gang voor, as­ook ’n e­le­gan­te wit ver­skei­den­heid. Be­kend as die blom van die Dag van He­rin­ne­ring ter her­den­king van die ge­sneu­wel­de sol­da­te in die Eer­ste Wê­reld­oor­log, is dit mak­lik om te sien hoe hier­die blom­me met hul bloed­rooi weef­sel­ag­ti­ge blom­bla­re so ge­wild is. Pa­pa­wers er­vaar tans ’n vreug­de­vol­le her­le­wing, met hul tros­se knik­ken­de blom­me wat e­le­gant deur net­jie­se draad­ag­ti­ge stam­me on­der­steun word. Dit sal be­slis e­ni­ge ge­voel van win­ters­om­ber­heid ver­dring. Pa­pa­wers flo­reer in vol win­ter­son en vrug­ba­re grond met goeie drei­ne­ring. Die plan­te be­no­dig be­skut­ting teen sterk wind, maar pro­beer om dit weg te hou van hit­te wat deur ’n muur en pla­vei­sel ver­oor­saak kan word aan­ge­sien dit nie goed in die hit­te sal groei nie. Af­han­gen­de van die va­ri­ë­teit groei hul­le tot on­ge­veer 30 cm hoog. Saai­lin­ge het sen­si­tie­we wor­tels, so pro­beer om e­ni­ge ver­steu­ring van die saai­lin­ge in jou saai­bak te ver­min­der deur dit ver­sig­tig nat te maak. So­dra dit uit­ge­plant is, kan jy dit ge­reeld wa­ter gee tot­dat dit goed ge­ves­tig en ste­wig in die grond ge­wor­tel is.

Moe­nie be­kom­merd wees oor die koop van saai­lin­ge son­der e­ni­ge blom­me nie, dit sal kom so­dra die plant ge­ves­tig is, hoe vroe­ër in die sei­soen, hoe be­ter. Wan­neer jy saai­lin­ge uit die saai­bak plant, trek dit ver­sig­tig uit son­der om die de­li­ka­te stin­gels of bla­re te be­ska­dig. Moe­nie die stam­me be­gra­we wan­neer jy dit plant nie, maar plant dit ewe diep as die saai­bak en so­wat 15 cm van me­kaar af in grond met ge­noeg kom­pos.

Wan­neer die knop­pies be­gin vorm, ver­hoog die blom­ont­wik­ke­ling deur k­lein hoe­veel­he­de kuns­mis en vloei­ba­re mis by die grond toe te dien. Pluk hier­die blom­me om se­ker te maak dit be­gin nie saad­skiet nie. As jy op soek is na skoon­heid, e­le­gan­sie en ’n droom­ag­ti­ge e­te­rie­se blom, hoef jy nie ver­der as vi­let­te te soek nie. Hul en­kel­stin­gels is dig met ver­skeie prag­ti­ge blom­me ver­sier en hul bly­wen­de pit­ti­ge geur ver­ge­lyk met dié van na­el­tjies.

Saai­lin­ge kan ook in vol­le win­ter­son ge­plant word, on­ge­veer 30 cm van me­kaar in grond met ge­noem kom­pos. P­ri­mu­la o­bco­ni­ca is ’n k­lein hel­der­kleu­ri­ge bon­del­tjie waar­van die blom­me be­staan uit ’n per­fek­te kwin­tet hart­vor­mi­ge blom­bla­re. Dié plant is ook ’n win­ters­on­guns­te­ling. Hou dit klam, maar nie nat nie en hou weg van te veel hit­te. )

Die fy­ne pa­pa­wer is gek na die win­ter­son.

Vi­let­te kan ook nou ge­plant word en sorg som­mer daar­by dat jy al­tyd kleur in jou huis het.

Dit is nou die per­fek­te tyd om P­ri­mu­la o­bco­ni­cas in pot­te te plant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.