Twee Tour­skof­te in ’n ry vir bre­ë­bors Kit­tel Duit­ser klop Bo­as­son Ha­gen in na­el­rit na eind­streep

Beeld - - Sport -

Die Duit­ser Mar­cel Kit­tel (Quick S­tep) het gis­ter die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de dag eer­ste oor die wen­streep in die Tour de Fran­ce ge­jaag.

Kit­tel het die se­wen­de skof oor 213,5 km tus­sen Troy­es en Nuits-Saint-Ge­or­ges in 5 uur, 3 mi­nu­te en 18 se­kon­des klaar­ge­maak na­dat hy in die na­el­rit na die eind­streep net-net sy neus voor­ge­kry het.

Noor­weë se Ed­vald Bo­as­son Ha­gen van die Suid-A­fri­kaan­se Di­men­si­on Da­ta-span was twee­de, ge­volg deur Aus­tra­lië se Mi­cha­el Mat­thews (Sun­web).

Die I­ta­li­a­ner Ma­nu­e­le Mo­ri (UAE Te­am E­mi­ra­tes), Ne­der­lan­der Dy­lan van Baar­le (Cann­on­da­le-Dra­pac) en twee Fran- se ry­ers, Max­i­me Bou­et (For­tu­neo-Os­ca­ro) en Yo­hann Ge­ne (Di­rect E­ner­gie), het vroeg in die skof van die pe­lo­ton weg­ge­breek.

Hul­le het ’n voor­sprong van by­na vier mi­nu­te op­ge­bou.

In die laas­te 40 km is hul voor­sprong stel­sel­ma­tig deur die pe­lo­ton uit­ge­wis, voor­dat hul­le 6 km voor die ein­de in­ge­haal is.

Kit­tel spog nou met drie skof­se­ges van­jaar, na­dat hy ook die twee­de skof in­ge­palm het.

Die B­rit Chris Froome (Te­am Sky) is steeds die dra­er van die geel­trui, met sy span­maat, die Duit­ser, Ge­raint T­ho­mas steeds in die twee­de plek, ge­volg deur die I­ta­li­a­ner Fa­bio Aru (Asta­na).

SA se Rei­nardt Jan­se van Rens­burg (Di­men­si­on Da­ta) het in die 17de plek en Da­ryl Im­pey (O­ri­ca) in die 26ste plek oor die wen­streep ge­jaag.

Lou­is Mein­tjes vaar die bes­te van die SA ja­ers. Hy is al­ge­heel in die 13de plek na­dat hy die skof in die 52ste plek vol­tooi het.

Van­dag se agt­ste skof is oor 187,5 km en word tus­sen Do­le en S­ta­ti­on des Rous­ses be­slis.

Fo­to: REUTERS

Geel in die vel­de, geel op die pad. . . Die Tour de Fran­ce se geel­truidra­er, Chris Froome, ry as deel van die pe­lo­ton ver­by ’n son­ne­blom­veld bui­te Nuit­Saint­Ge­or­ges.

Fo­to: GETTY IMAGES

Mar­cel Kit­tel (Quick S­tep) van Duits­land wys hoe­veel dae ag­ter­een­vol­gens hy ’n skof ge­wen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.