Be­ter, vin­ni­ger, ster­ker Way­de het ‘lief­de­haat­ver­hou­ding met die 400’

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Wan­neer Way­de van Nie­kerk in sy blok­ke sak en die ska­re raak stil in die oom­blik­ke voor­dat die af­sit­ter sy snel­ler trek, word at­le­tiek­lief­heb­bers met die hoop ge­vul dat iets spe­si­aals gaan ge­beur.

Don­der­dag­aand in Lau­san­ne is hul­le nog­maals nie te­leur­ge­stel nie, met Van Nie­kerk wat Mi­cha­el John­son se Di­a­mant­li­ga-re­kord in die 400 m van 43.66 se­kon­des, wat 21 jaar lank ge­staan het, met ’n tyd van 43.62 oor­tref het.

Van Nie­kerk, wat voor­af ge­sê het dat hy nie te­leur­ge­steld sal wees as hy nie vin­ni­ger as 44 se­kon­des hard­loop nie, was in sy nop­pies met sy ver­to­ning.

“Ek het nie ge­kom om ’n spe­si­fie­ke tyd te hard­loop nie, maar ek is te­vre­de met die uit­slag,” het hy ná sy wed­loop ge­sê.

Vol­gens Van Nie­kerk stel die 400-wed­loop groot fi­sie­ke uit­da­gings.

“Ek het ’n lief­de-haat-ver­hou­ding met die 400. Ek pro­beer dit steeds met ’n po­si­tie­we in­ge­steld­heid be­na­der en nie vir my­self be­per­kings stel nie.

“Om die 400 klaar te maak vat aan jou lyf, maar na­dat ek só ’n wed­loop vol­tooi het, is ek al­tyd aan­ge­naam ver­ras met hoe ek die melk­suur ver­werk het.”

Hy het ver­le­de jaar op 24-ja­ri­ge ou­der­dom reeds die wê­reld­re­kord in dié i­tem ge­hard­loop, maar vol­gens dié oud­leer­ling van G­rey-kol­le­ge wil hy nog baie in die 400 be­reik.

“Daar­die pas­sie om aan­hou­dend te wil ver­be­ter, is my dryf­krag,” sê hy.

In min­der as ’n maand het Van Nie­kerk sy per­soon­li­ke bes­te tyd en SA re­kord in die 200 ge­hard­loop (19.84 in Ja­mai­ka), dit op­ge­volg met sy bes­te tyd in die 100 (9.94 in Slo­we­nië), die voor­ste tyd in die ge­skie­de­nis in die 300 af­ge­blits (30.81 in die T­sjeg­gie­se Re­pu­bliek), en die Di­a­mant­li­ga-re­kord Don­der­dag­aand in die 400 laat spat.

Dié blits van die Ro­se­stad is sterk op pad om sy bes­te peil te be­reik met die Wê­reld­kam­pi­oen­skap wat oor min­der as ’n maand in Lon­den be­gin.

Daar sal hy aan die 200 en 400 deel­neem na­dat die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies die by­een­koms se ske­du­le aan­ge­pas het om hom te­ge­moet te kom.

Fo­to: GALLO IMAGES

Way­de van Nie­kerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.