Haal 4de ron­de mak­lik

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner Be­lo­Rus­land se Vic­to­ria A­za­ren­ka blaas soen­tjies vir die ska­re na­dat sy die B­rit­te se tuis­guns­te­ling He­at­her Watson in die der­de ron­de uit­ge­ska­kel het.

Ra­fa­el Na­dal het Vry­dag ’n po­ten­si­ë­le rots in sy pad na ’n k­lein klip­pie laat lyk, toe hy die be­lo­wen­de Rus Ka­ren K­ha­cha­nov met 6-1, 6-4, 7-6 (7/3) uit­ge­knik­ker het in die der­de ron­de van Wimbledon.

K­ha­cha­nov, die 30ste ge­keur­de, het die af­ge­lo­pe jaar groot op­gang in die ten­nis­wê­reld ge­maak en be­skik oor ’n he­le aan­tal groot wa­pens. Hy is voor­af be­skou as ’n be­drei­ging vir die vier­de ge­keur­de Na­dal.

Die S­paan­se mees­ter het hom eg­ter nie van stryk laat bring deur die Rus se groei­en­de re­pu­ta­sie nie en het die eer­ste stel met groot ge­mak met 6-1 ge­wen.

Vir K­ha­cha­nov het sy eer­ste ont­moe­ting met die be­roemd­ste hoof­baan in wê­reld­ten­nis nie ver­loop soos hy wou hê nie.

Hy was sig­baar se­nu­ag­tig en die e­nig­ste pot wat hy kon wen, was i­ro­nies ge­noeg ’n stroop­pot op Na­dal se af­slaan.

Dit was juis Na­dal se af­slaan- werk wat on­be­ris­pe­lik was en half­pad deur die der­de stel het hy slegs 12 pun­te op sy eie af­slaan in­ge­boet.

Na­ma­te die vlin­ders in for­ma­sie be­gin vlieg het vir K­ha­cha­nov, het hy ge­wys waar­om hy so hoog aan­ge­slaan word en ver­al in die der­de stel het hy Na­dal hard laat werk.

In die val­by­l­pot het die S­pan­jaard se er­va­ring eg­ter weer die deur­slag ge­gee en kon hy sy plek in die vier­de ron­de be­spreek.

Daar wag die 16de ge­keur­de Gil­les M­ül­ler van Lux­em­burg op hom.

M­ül­ler, ’n be­dre­we spe­ler op gras, het die B­rit Al­jaz Be­de­ne met 7-6 (7/4), 7-5, 6-4 uit­ge­ska­kel.

Ma­rin Ci­lic, die se­wen­de ge­keur­de Kro­aat en een van die ge­vaar­spe­lers wat die laas­te 16 ge­haal het, het S­te­ve John­son van A­me­ri­ka met 6-4, 7-6 (7/3), 6-4 ver­slaan en kom nou teen die S­pan­jaard Ro­ber­to Bap­tis­te A­gut te staan.

Bap­tis­te A­gut het ’n ein­de ge­bring aan die veld­tog van die ne­gen­de ge­keur­de Kei Nis­hi­ko­ri van Ja­pan. Die tel­ling was 6-4, 7-6 (7/3), 3-6, 6-3.

In die vroue-en­kel­spel was daar goeie én sleg­te nuus vir die B­rit­te.

Hul groot hoop, Jo­han­na Kon­ta, ses­de ge­keur, het Ma­ria Sak­ka­ri van G­rie­ke­land met 6-4, 6-1 ge­stoom­rol­ler, maar He­at­her Watson het haar rie­me in ’n wip­plank­stryd met 3-6, 6-1, 6-4 styf­ge­loop teen Vic­to­ria A­za­ren­ka van Be­lo-Rus­land.

Die twee­de ge­keur­de Si­mo­na Ha­lep van Roe­me­nië moes ook spook om S­hu­ai Peng van C­hi­na met 6-4, 7-6 (9/7) te oor­win.

Je­le­na Osta­pen­ko van Let­land, die Fran­se Ope-kam­pi­oen, het die twee­de week van Wimbledon be­reik deur die I­ta­li­a­ner Ca­mi­la Ge­or­gi met 7-5, 7-5 te klop.

Fo­to: REUTERS

Ra­fa­el Na­dal het in die der­de stel van sy der­der­on­de­stryd teen Ka­ren K­ha­cha­nov ge­sweet, maar wel as oor­win­naar weg­ge­stap.

Fo­to: GETTY

Ke­vin An­der­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.