Ke­vin slaan Bel­gie­se kwa­li­fi­seer­der kis – 27 keer

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Ke­vin An­der­son het die eer­ste week van Wimbledon oor­leef.

Dié Suid-A­fri­ka­ner het die laas­te 16 be­reik deur die Bel­gie­se kwa­li­fi­seer­der Ru­ben Be­mel­mans Vry­dag­aand bin­ne twee ure met 7-6 (7/3), 6-4, 7-6 (7/3) in die der­de ron­de te ver­slaan.

An­der­son het ’n uit­ste­ken­de ver­to­ning ge­le­wer teen ’n spe­ler wat op nom­mer 124 by­kans 80 plek­ke swak­ker as hy daar­aan toe is.

Be­mel­mans het goeie re­ken­skap van hom­self ge­gee, maar An­der­son se af­slaan­werk was vir hom een te veel.

Heel ge­pas was dit sy 27ste kis­hou wat die se­ël op die se­ge ge­plaas het.

Sa­ke het vol­gens af­slaan ver­loop in die eer­ste stel, wat uit­ein­de­lik deur ’n val­by­l­pot be­slis moes word.

Hier het An­der­son vroeg ’n punt op Be­mel­mans se af­slaan ge­wen en dit was deur­slag­ge­wend, ver­al met sy eie af­slaan­werk wat on­deur­dring­baar was.

Die Suid-A­fri­ka­ner het die eer­ste stel in 41 mi­nu­te ge­wen en kon daar­na ge­rief­li­ker a­sem- haal.

Die eer­ste deur­braak op ’n af­slaan­pot was in die vyf­de pot van die twee­de stel, toe An­der­son vas­ge­byt het en op sy der­de breek­punt die groot slag ge­slaan het, met die Belg wat die bal nie oor die net kon kry nie.

In die eer­ste twee stel­le het An­der­son al 34 die eer­ste 34 pun­te waar hy sy eer­ste af­slaan in­ge­kry het, ge­wen.

In daar­die twee stel­le het hy net een punt ver­loor wan­neer sy eer­ste af­slaan die kol ge­tref het.

In die twee­de stel het sy twee­de af­slaan ook uit­ste­kend ge- werk en het hy nie een punt ver­loor wan­neer hy daar­die af­slaan in­ge­kry het nie.

Teen hier­die soort af­slaan­werk het Be­mel­mans nie e­ni­ge raad ge­had nie.

Boon­op het An­der­son 18 kis­houe in die eer­ste twee stel­le ge­mo­ker.

Suid-A­fri­ka se groot hoop in die dub­bel­spel, Ra­ven Klaas­en , en sy A­me­ri­kaan­se maat, Ra­jeev Ram, moes hard veg om die In­di­ërs Pu­rav Ra­ja en Di­vij S­har­ran met 6-3, 6-4, 4-6, 6-7 (6/8), 10-8 te klop in die twee­de ron­de. Klaas­en-hul­le is 7de ge­keur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.