Glo dit: Aus­sies kan óók boks

Beeld - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Baie men­se kon dalk nie hul oë glo toe Jeff Horn ver­le­de na­week met Man­ny Pa­cqui­ao in die boks­kryt af­re­ken nie.

Eer­stens om­dat Pa­cqui­ao maar min ver­loor, twee­dens om­dat hul­le nie ge­weet het wie Horn is nie en der­dens om­dat Horn ’n Aus­tra­li­ër is.

Waaaaat? Aus­tra­li­ërs boks mos nie!

Eint­lik het Aus­tra­lië ’n lang boks­ge­skie­de­nis en het dié land al ’n klom­pie be­roem­de bok­sers op­ge­le­wer.

Een van hul­le, Jeff Fe­nech, het Pa­cqui­ao ná die Horn-ge­veg om­hels en op die wang ge­soen.

“Jy was een van die bes­te van al­le tye, Man­ny, moet dit nooit ver­geet nie,” het Fe­nech vol­gens The Cou­rier Mail ge­sê.

Fe­nech het ook aan boks­skry­wers ge­sê Pa­cqui­ao kan eint­lik maar uit­tree, want hy het “niks meer om te be­wys nie”.

Maar toe Pa­cqui­ao la­ter hier­die week oor die uit­slag van die ge­veg be­gin brom, het Fe­nech vir Horn in die bres­se ge­tree: “Jeff het dui­de­lik ge­wen,” het hy ge­sê.

Fe­nech word deur som­mi­ge ken­ners as Aus­tra­lië se bes­te bok­ser tot nog toe be­skou.

Hy het drie wê­reld­ti­tels ge­wen – die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie (IBF) se ka­pok­ge­wig­ti­tel, die Wê­reld­boks­raad (WBR) se su­per-ka­pok­ge­wig­ti­tel en die WBR se veer­ge­wig­ti­tel.

In 1996 het Fe­nech na die lig­ge­wig-af­de­ling op­ge­skuif waar hy hom teen Suid-A­fri­ka se P­hi­lip Ho­li­day vas­ge­loop het.

Ho­li­day, toe die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie se kam­pi­oen, het hom bin­ne twee ron­des ver­niel en Fe­nech het sy boks­hand­skoe­ne op­ge­hang.

T­waalf jaar la­ter het die boks­gog­ga hom eg­ter weer ge­byt en hy en Nel­son het me­kaar wéér ge­pak.

Dié keer was Fe­nech, toe 43, aan die wen­kant teen sy ou vy­and, wat toe 49 was.

Fe­nech was ’n ru­we, taai ka- lant, maar hy sê hy het ná sy ge­veg om die va­kan­te WBR­veer­ge­wig­ti­tel teen Vic­tor Cal­le­jas van Pu­er­to Ri­co in 1988 in die bad ge­sit en huil van die pyn.

Hy het die ge­veg met ’n ge­breek­te reg­ter­hand aan­ge­pak: “Ek het al­tyd pro­ble­me met my han­de ge­had, so dit was niks nuut nie”.

Maar Cal­le­jas was net so ru en taai soos hy en het so woes in­ge­klim dat hy boon­op Fe­nech se neus ge­breek het.

Fe­nech is dees­dae ’n boks­af­rig­ter en ’n ho­ë­pro­fiel-po­ker­spe­ler wat ge­reeld aan die Wor­ld Se­ries of Po­ker deel­neem.

Nog ’n Aus­tra­lie­se bok­ser wie se naam dalk vir plaas­li­ke en­toe­si­as­te be­kend kan wees, is dié van Jim­my Car­rut­hers.

Dit was Car­rut­hers wat ons eer­ste wê­reld­kam­pi­oen, Vic To­weel, se ka­pok­ge­wig­ti­tel in 1952 af­ge­neem het.

Die boks­wê­reld was des­tyds ge­skok toe Car­rut­hers To­weel in die eer­ste ron­de uit­ge­slaan het.

Men­se in To­weel se bin­ne­kring was min­der ge­skok, want Vic was kwaai oor­ge­wig en het vir vier dae voor die ge­veg om­trent geen vloei­stof in­ge­neem nie.

Op die aand van die ge­veg in Jo­han­nes­burg het die toe­skou­ers skaars klaar “Sa­rie Ma­rais” ge­sing, toe be­storm Car­rut­hers To­weel en slaan hom deur die toue.

To­weel het op die pers­bank be­land. Hy het te­rug­ge­klim, maar kon nie teen die Aus­tra­lier se ver­woe­de aan­val­le staan­de bly nie.

Vier maan­de la­ter het die twee weer ge­veg. Dié keer het To­weel baie be­ter ver­toon, maar is hy in die tien­de ron­de uit­ge­slaan.

In sy eer­ste ge­veg ná sy twee­de ge­veg teen To­weel het hy in Syd­ney teen Pap­py Gault ge­boks. Hy het ge­wen, maar nie baie in­druk­wek­kend ver­toon nie. Hy is kort daar­na ge­o­pe­reer om ’n el­le­lan­ge lint­wurm uit sy maag te laat haal.

Dis maar net twee be­roem­de Aus­tra­lie­se bok­sers.

An­der wie se na­me dalk ’n klok­kie sal laat lui, is Vic Dar­chiny­an, Kos­tya Tszyu, Dan­ny G­reen, Li­o­nel Ro­se, Bil­ly Dibb, Gai­ry St. Clair en To­ny Mun­di­ne. ) Ter­loops, Vic To­weel het in die 1980’s na Aus­tra­lië e­mi­greer en is op 15 Au­gus­tus 2008 daar oor­le­de. P­hi­lip Ho­li­day woon ook dees­dae in Aus­tra­lië, waar hy ’n boks­af­rig­ter is.

By­ko­men­de bron­ne: Se­cond­sout.com, The Fig­h­ters deur Chris G­rey­ven­stein, The Ul­ti­ma­te En­cy­clo­pe­dia of Box­ing deur Har­ry Mul­lan.

Fo­to: GETTY IMAGES

Dik ge­tik, maar dood­te­vre­de. Jeff Horn het ver­le­de Sondag nog ’n groot hoof­stuk in Aus­tra­lie­se boks ge­skryf, toe hy Man­ny Pa­cquaio in B­ris­ba­ne ge­klop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.