‘Pro­beer dít vir ’n ses slaan, Han­sie!’

Beeld - - Sport - F­ritz Jou­bert Groot Merv Hug­hes was ty­dens sy toet­s­loop­baan nie op sy bek ge­val nie.

Som­mi­ge dae, soos nou weer in die toets op Lord’s, kan ge­beu­re op die krie­ket­veld Suid-A­fri­ka­ners mis­moe­dig maak. Tog is daar vir spe­lers en toe­skou­ers méér in krie­ket as net die ak­sie op die veld.

Die veel­sy­di­ge Suid-A­fri­ka­ner Ed­die Bar­low was een van ver­skeie be­ken­de krie­ket­spe­lers wat op en van die veld af vir sy hu­mor­sin, soms ten kos­te van hom­self, be­kend was.

Ed­die het graag die sto­rie ver­tel van ’n se­ke­re Van der Mer­we wat op Lord’s vir Suid-A­fri­ka teen En­ge­land ge­speel het. Dis Koos, nie Pe­ter nie.

In hier­die toets het die SuidA­fri­kaan­se bou­lers ’n op­draan­de stryd teen die En­gel­se ge­voer. Die moe­de­lo­se S­pring­bok-kap­tein stap la­ter na Koos en sê: “Ons het drin­gend ’n paal­tjie no­dig om hier­die ven­noot­skap te breek. Boul op jou vin­nig­ste en kyk wat jy kan reg­kry.”

Koos, wat ’n aan­loop van meer as 30 m het, kom in­ge­storm, boul ’n weg- swaai­er, die En­gel­se kol­wer kry ’n rand­jie by en die paal­tjie­wag­ter vang dit. Koos en sy maats spring in die lug om te ap­pel­leer. Die skeids­reg­ter sê: “Nie uit nie.” Koos skud sy kop, maar stap ge­dwee te­rug na sy boul­merk. Weer kom hy op vol­le spoed in­ge­storm, boul hier­die keer ’n in­swaai­er wat die kol­wer op die hand­skoen raps en die span­maat op by­glip vang die bal. Nog ’n keer weer­galm die Bok­ke se ap­pèl oor Lord’s, maar weer sê die witjas: “Nie uit nie” en nog­maals toon Koos sy mis­noeë ter­wyl hy brom-brom en te mid­de van die een­o­gi­ge ska­re se uit­jou­e­ry na sy boul­merk te­rug­stap. “Ek sal die blik­skot­tels wys,” sê Koos vir hom­self, hy storm in en boul ’n vol­maak­te streep­bal wat die paal­tjies laat spat. Hy draai om na die witjas en sê: “T­hat was c­lo­se Mr. Ump wa­sn’t it?!” In die ver­le­de het krie­ket­spe­lers oor die al­ge­meen dik­wels die draak ge­steek, nie net met teen­stan­ders nie, maar ook met span­maats.

In 1935 speel die Suid-A­fri­kaan­se toer­span in En­ge­land teen Yorks­hi­re. H.B. Ca­me­ron van Suid-A­fri­ka is min ge­pla deur die boul­werk van die En­gel­se toets­spe­ler Hed­ley Ve­ri­ty. Hy slaan die eer­ste af­le­we­ring vir ses. Die vol­gen­de drie bal­le word al­mal vie­re en die laas­te twee weer vir ses­se ge­mo­ker.

Toe Ve­ri­ty teen die ein­de van die boul­beurt ver­by sy span- maat en paal­tjie­wag­ter Art­hur Wood stap, sê Wood: “Moe­nie be­kom­merd wees nie, Hed­ley. Jy laat hom twee keer dink.” Ver­baas vra Ve­ri­ty: “Twee keer dink? Hoe?”

“Wel,” sê Wood, “hy weet nie of hy jou vir vier of ses moet slaan nie!”

En dan is daar na­tuur­lik woord­spe­ling waar­voor ver­al die B­rit­te be­kend is. Een van die be­kend­ste en ge­wild­ste BBC­kom­men­ta­tors was John Ar­lott, En­ge­land se weer­ga­we van C­har­les For­tu­ne. In die reeks van 1948-’49 in Suid-A­fri­ka boul die tuis­span se Tuf­ty Mann die En­gel­se kap­tein, Ge­or­ge Mann. Dit laat Ar­lott in die ra­dio-uit­sen­ding sê: “A­not­her ex­am­ple of Mann’s in­hu­ma­ni­ty to Mann.”

Een van die groot ka­rak­ters, let­ter­lik en fi­guur­lik, in die 1990’s was die Aus­tra­lie­se snel­bou­ler Merv Hug­hes, die man met die reu­se-snor wat tel­kens in voor­val­le op die veld be­trok­ke was. Op die Aus­sie-toer in 1994 in Suid-A­fri­ka slaan Han­sie Cron­jé hom links en regs na die grens. Hug­hes kon dit la­ter nie meer ver­duur nie; stap op die baan­blad na Han­sie en los ’n reu­se-wind. “Toe, pro­beer nou om dit vir ses te slaan!” het hy Han­sie aan­ge­moe­dig.

In G­lenn M­cGrath het Aus­tra­lië een van die bes­te snel­bou­lers van die mo­der­ne era ge­had, maar hy het in ’n bek­ge­veg met die Zim­bab­wi­ër Ed­do Bran­des sy Mo­ses te­ë­ge­kom. M­cGrath het ge­suk­kel om die ly­wi­ge eind­kol­wer Bran­des uit te kry. Raad­op stap hy na die kol­wer en vra: “Hoe­kom is jy so vet?”

Heel kalm ant­woord Bran­des: “Om­dat jou vrou my ’n be­skuit­jie gee el­ke keer ná ek by haar ge­slaap het.” ) Bron: The wit of cric­ket – Bar­ry John­ston; Hod­der & S­toug­h­ton.

Fo­to: GETTY IMAGES

Ed­die Bar­low: vlym­skerp met kolf, bal én tong.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.