Eu­ro­pa wink, maar kan Kings mee­ding daar?

Beeld - - Sport - C­ha­el G­reen & O­wen Kock – Mi­

Daar wag ’n ge­skar­rel om ’n me­de­din­gen­de span op die veld te kry in­dien die Sout­hern Kings, soos al­ge­meen be­spie­gel word, voort­aan aan ’n uit­ge­brei­de Pro12-reeks gaan deel­neem.

Ná vo­ri­ge ver­kla­rings dat Sa­ru met die or­ga­ni­seer­ders van die hui­di­ge Pro12-reeks, wat in die Noor­de­li­ke Half­rond ge­speel word, ver­ga­der het, was daar skie­lik nie ’n woord daar­oor nie.

Daar is net ge­noem dat daar eers­daags ’n aan­kon­di­ging oor die Kings en die C­hee­tahs se deel­na­me aan “’n in­ter­na­si­o­na­le reeks” sal wees.

In­dien die Kings wel van Sep­tem­ber af aan die Pro-reeks gaan deel­neem, het die be­stuur van die span ’n ys­li­ke pro­bleem.

Die mees­te van die spe­lers in die groep is net vir hier­die Su­per­rug­by­sei­soen ge­kon­trak­teer.

Baie van hul­le word by an­der u­nies ge­leen en nou­dat van daar­die spe­lers ont­wik­kel het en blom, soek daar­die u­nies hul­le na­tuur­lik te­rug.

Daar word ver­trou­lik ver­neem dat daar slegs ’n hand­vol spe­lers gaan oor­bly om die kern van die Kings se nu­we span te vorm.

Die C­hee­tahs sê in­tus­sen hul­le het “’n goeie en aan­vaar­ba­re skik­king” met Sa­ru be­ding na­dat hul­le af­stand van hul deel­na­me aan die Su­per­rug­by-reeks ge­doen het.

Vol­gens ’n woord­voer­der van die Vry­staat­se Rug­by­u­nie gaan dit op lang ter­myn fi­nan­si­eel meer voor­de­lig vir hul­le wees bui­te Su­per­rug­by.

Daar sal vol­gen­de week ’n amp­te­li­ke aan­kon­di­ging oor die C­hee­tahs se deel­na­me aan ’n ver­gro­te Pro 12-reeks in Eu­ro­pa ge­doen word. Die kwes­sie van ’n nu­we brei­er vir die “Eu­ro­pe­se C­hee­tahs” sal ook bin­ne­kort aan­ge­spreek word.

Die nu­we reeks gaan oor­vleu­el met die Cur­rie­be­ker-reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.