Pa­s­op, Bul­le, vir Kings se MIDDELVINGER

Beeld - - Sport -

Dit is steeds moei­lik om te glo die Sout­hern Kings het van­jaar ná 15 ron­des van Su­per­rug­by meer wel­slae as die Bul­le be­haal.

Gaaf, die ar­gu­ment dat die Bul­le Nieu-See­land­se teen­stand moes trot­seer, ter­wyl die Kings teen die spul droe­wi­ge Aus­sie­span­ne te staan ge­kom het, is gel­dig.

Maar steeds, die Kings? Daar­die span wat ’n jaar ge­le­de niks meer as ’n melk­koei was nie?

In die an­der hoek het jy die Bul­le, wat Su­per­rug­by se On­der­pres­teer­der van die Jaar-toe­ken­ning ver­dien.

Die Kings kom van­dag by Lof­tus Vers­feld aan met ’n goeie kans om nog ’n gro­te aar­de toe te bring.

Daar is nie ’n be­ter voor­beeld van hoe be­lang­rik self­ver­troue is as dié twee span­ne nie.

On­der die Bul­le het dié be­stand­deel dwars­deur die sei­soen ont­breek, ter­wyl die Kings met al hoe meer self­ver­troue ge­speel het.

In die Baai het ’n he­le paar nie­mands in die pro­ses ie­mand ge­word. Dink net aan Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Mal­colm Ja­er, Li­o­nel Cron­jé, An­di­sa Nt­si­la en Chris Cloe­te.

Selfs ’n spe­ler soos Ir­né Herb­st, wat in P­re­to­ria nie on­der die voor­ste vier slot­te ge­tel het nie, het in­druk ge­maak.

Ter­wyl die C­hee­tahs ag­ter­uit ge­boer het met die Su­per­rug­by­on­weers­wol­ke wat saam­ge­pak het, het die Kings ge­dy.

Dit sê baie van die groep spe­lers en die Kings se af­rig­ting­span.

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) het gis­ter uit­ein­de­lik be­ves­tig die Kings en die C­hee­tahs sal nie in 2018 in die reeks mee­ding nie.

Jy kan goeie geld daar­op ver­wed dié nuus gaan die Kings, wat die af­ge­lo­pe week by Sun Ci­ty la­er ge­trek het, be­gees­ter om met ’n mid­del­vin­ger­sa­luut te groet.

War­rick Ge­lant teen Ja­er, Jan Ser­fon­tein teen Lu­zu­ko Vu­lind­lu in die mid­del­veld en die stryd om die los­bal tus­sen Ru­an S­teen­kamp en Cloe­te, is aan­ge­na­me twee­stry­de om na uit te sien.

Met die Bul­le wat ver­le­de Vry­dag in Dur­ban met die groot­ste aan­val­len­de vry­heid ge­speel en die Haaie ge­klop het, is die ta­fel ge­dek vir ’n aan­skou­li­ke stryd.

Dit is goeie nuus, want die on­der­steu­ners in dié ge­wes­te het tot dus­ver die sei­soen min ge­had om oor te juig.

) Bul­le: War­rick Ge­lant, Tra­vis Is­mai­el, Jes­se K­riel, Jan Ser­fon­tein, Dun­can Mat­thews, Ti­an S­choe­man, Ru­dy Pai­ge, Nic de Ja­ger, Jan­nes Kir­sten, Ru­an S­teen­kamp, RG Sny­man, Ja­son Jen­kins, Con­raad van Vuur­en, A­dri­aan S­trauss (k), Li­zo G­qo­bo­ka. PLAASVERVANGERS: Ja­co Vi­sa­gie, Pier­re S­choe­man, John­Roy Jen­kin­son, Ru­ben van Heer­den, S­haun A­den­dorff, An­dré War­ner, Ti­nus de Beer, Bur­ger O­den­daal.

Kings: Mal­colm Ja­er, Wan­di­le M­je­ke­vu, Ber­ton Klaas­en, Lu­zu­ko Vu­lind­lu, Ma­ka­zo­le Ma­pim­pi, Li­o­nel Cron­jé (k), Lou­is S­chreu­der, An­di­sa Nt­si­la, Ty­ler Paul, Chris Cloe­te, Gi­ant M­ty­an­da, Ir­né Herb­st, Ross Gel­den­huys, Mi­cha­el Wil­lem­se, M­za­mo Ma­jo­la. PLAASVERVANGERS: Mar­tin Be­zui­den­hout, S­chalk Fer­rei­ra, Da­y­an van der West­hui­zen, M­z­wa­ne­le Zi­to, T­hem­be­la­ni B­ho­li, S­te­fan Un­ge­rer, Ma­sixo­le Ban­da, Yaw Penxe. Skeids­reg­ter: Fe­de­ri­co An­sel­mi (Arg).

As­sis­tent­skeids­reg­ters: Ma­ri­us van der West­hui­zen, Ras­ta Ra­si­vhen­ge. TV­skeids­reg­ter: Jo­han G­reeff.

Af­skop: 17:15. (Reg­streeks op M­Net en SS 1).

Co­bus Claas­sen

Fo­to: GALLO IMAGES

Jes­se K­riel (fo­to) en sy sen­ter­maat, Jan Ser­fon­tein, sal teen die Kings wil voort­bou op hul goeie spel in die mid­del­veld vir die S­pring­bok­ke en die Bul­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.