Da­mi­an sal moet uit­haal en wys teen Sun­wol­ves

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell Skeids­reg­ter: tent­skeids­reg­ters: TV­skeids­reg­ter:

Ter­wyl hy van­dees­week nog moes raap en skraap vir ’n sen­ter­kom­bi­na­sie, be­hoort die S­tor­mers se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, van aan­staan­de week af die luuks­heid te hê om te kan kies en keur.

Dán is die toets­sen­ters Huw Jo­nes en Ju­an de Jongh weer be­skik­baar vir die Ka­pe­naars se laas­te li­ga­wed­stryd teen die Bul­le op Lof­tus.

Vir Da­mi­an de Al­len­de en EW Vil­joen is dit dus ’n ge­val van uit­haal en wys in van­aand se Su­per­rug­by-stryd teen die Sun­wol­ves op Nu­we­land.

’n Kom­bi­na­sie van De Al­len­de en Vil­joen bied se­ker die fi­siek­ste teen­woor­dig­heid in die S­tor­mers se mid­del­veld se­dert Je­an de Vil­liers en Ja­que Fou­rie saam uit­ge­draf het.

Dis ’n kom­bi­na­sie met baie moont­lik­he­de. Al­bei kan hul span oor die voor­deel­lyn kry en gee die bal goed uit in kon­tak.

Vir De Al­len­de kan dit lol om da­de­lik op sy bes­te te wees na- dat hy ’n ruk­kie langs die kant­lyn was, maar F­leck be­skou hom waar­skyn­lik as ’n be­lang­ri­ke spe­ler vir die res van die S­tor­mers se veld­tog.

Ter­wyl ’n mens se­ker ver­sig­tig moet wees om die Sun­wol­ves ge­ring te skat, is dit ’n goeie ge­leent­heid vir De Al­len­de om op koers te kom.

Vir die S­tor­mers is hier­die ’n be­lang­ri­ke wed­stryd om mo­men­tum te bou voor die kwart­eind­ron­de.

Nóg ’n mid­del­ma­ti­ge ver­to­ning sal nie deug nie. Aan­staan­de week wag die Bul­le op Lof­tus en dis om­trent só na­by aan ’n kleed­re­pe­ti­sie as wat daar kan wees vir ’n kwart­eind­stryd teen ’n Nieu-See­land­se teen­stan­der.

Om dit met self­ver­troue in te gaan, kan van deur­slag­ge­wen­de be­lang wees. Daar­om is dit nie net be­lang­rik dat die S­tor­mers van­aand teen die Sun­wol­ves wen nie, maar dit doen op ’n ma­nier wat ver­troue in­boe­sem.

Dil­lyn Leyds, C­heslin Kol­be, EW Vil­joen, Da­mi­an de Al­len­de, Se­a­be­lo Se­nat­la, Da­mi­an Wil­lem­se, Ja­no Ver­maak, Ni­zaam Carr, Ju­ar­no Au­gus­tus, Siya Ko­li­si (k), Pie­ter­S­te­ph du Toit, E­ben Et­ze­beth, Frans Mal­her­be, Bon­gi M­bo­nam­bi, JC Jan­se van Rens­burg. PLAASVERVANGERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, S­te­ven Kits­hoff, Wil­co Louw, Chris van Zyl, JD S­chic­ker­ling, Jus­tin P­hil­lips, Dan K­riel, B­jorn Bas­son.

Sun­wol­ves: Ri­aan Vil­joen, Ko­ta­ro Mat­sus­hi­ma, Ryo­hei Ya­ma­na­ka, De­rek Car­pen­ter, Te­ruya Go­to, Yu Ta­mu­ra, Kei­su­ke U­chi­da, Wil­lie B­ritz (k), S­hu­hei Mat­su­hashi, Mal­ge­ne Ilaua, Uwe He­lu, Ko­ta­ro Ya­ta­be, Ta­ku­ma A­sa­ha­ra, Ta­kes­hi Hi­no, Ko­ki Ya­ma­mo­to. PLAASVERVANGERS: At­sus­hi Sa­ka­te, Ma­sa­ta­ka Mi­ka­mi, Koo Ji­won, Yos­hi­ta­ka To­ku­na­ga, S­ho­kei Kin, Kai­to S­hi­ge­no, Ri­kiya Mat­su­da, Jum­pei O­gu­ra. Quin­ton Im­mel­man, As­sis

S­hu­hei Ku­bo en AJ Ja­cobs, S­haun Velds­man.

Fo­to: GALLO IMAGES

Da­mi­an de Al­len­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.