E­ve­leigh is reeds 55% ver­koop

Beeld - - Beeld Huisgids - Li­net­te Re­tief

Die een­he­de is ge­reed om by in te trek en pronk met mo­der­ne ont­wer­pers­af­wer­kings.

E­ve­leigh Heig­hts in E­ve­leigh, Boks­burg, is een van die nu­we guns­te­ling­be­stem­mings vir ko­pers wat wil koop om te bly of be­leg­gers wat wil koop om te ver­huur.

Dié ont­wik­ke­ling be­staan uit 240 een­he­de en is vol­tooi deur S­to­nes­man Pro­jects, ’n fa­mi­lie­be­stuur­de ont­wik­ke­lings­maat­skap­py met ’n lang ge­skie­de­nis van suk­ses­vol­le re­si­den­si­ë­le en kom­mer­si­ë­le ont­wik­ke­lings in die a­rea.

“E­ve­leigh Heig­hts het 15 vier­ver­die­ping­blok­ke be­staan­de uit een­he­de met twee of drie slaap­ka­mers en twee bad­ka­mers, elk­een met kel­der­par­keer­plek of ’n be­dek­te bui­te­par­keer­plek,” sê die ont­wik­ke­laar Ric­ky Gon­cal­ves van S­to­nes­man Pro­jects.

“Reeds voor die be­mar­kings­be­kend­stel­ling was dit 55% ver­koop en ons ver­wag dat die res van die een­he­de net so vin­nig op­ge­raap gaan word.

“Die een­he­de is ge­reed om by in te trek, en pronk met mo­der­ne ont­wer­pers­af­wer­kings, ’n be­dek­te pa­tio of bal­kon, pri­va­te en troe­tel­dier­vrien­de­li­ke tui­ne vir die grond­ver­die­ping­een­he­de, prag­ti­ge uit­sig­te van­uit die een­he­de op die boon­ste ver­die­pings, en voor­keur­ta­rie­we vir oon­de en kom­buis­toe­stel­le van die I­ta­li­aan­se top­ver­vaar­di­ger S­meg. Daar is ook in­ge­bou­de braais en voor­af­be­taal­de-e­lek­tri­si­teits­me­ters, en die op­stel­ling van Wi-Fi en DStv is in­ge­sluit.”

Die hart van die ont­wik­ke­ling is ’n pri­va­te klub­huis waar in­wo­ners kan ont­span by die Truth Cof­fee Ro­as­ting-kof­fie­kroeg of stoom af­blaas in die vol­le­dig toe­ge­rus­te gim. Dit al­les ter­wyl die klein­span kan bal­jaar in die spe­si­a­le speel­a­rea met ’n klim­raam en ’n was­lo­kaal. Hier­die vei­lig­heids­land­goed het ’n 24 uur-wag- diens en ge­slo­te­baan­te­le­vi­sie-be­wa­king, as­ook e­lek­trie­se om­trekom­hei­ning. Dit bied vei­li­ge, mo­der­ne leef­ge­not met al die ge­mak en ge­rief van die stad.

E­ve­leigh Heig­hts is sen­traal ge­leë, na­by ver­skeie re­stau­ran­te en kroeë, die East Rand Mall, East Rand Va­lue Mall, O.R. Tam­bo­lug­ha­we, sko­le, po­li­sie­kan­to­re en groot snel­weg­roe­tes.

“Ons het die lig­ging en die ge­rie­we van die ont­wik­ke­ling baie deeg­lik deur­dink om te ver­se­ker dat dit i­de­aal is vir ’n ver­skei­den­heid van in­wo­ners, van jong men­se en be­roeps­men­se tot eer­ste­keer-ko­pers en jong ge­sin­ne,” sê Gon­cal­ves.

Die een­he­de wis­sel in groot­te van 79 m² tot 101,4 m² en pry­se be­gin by R849 000, wat he­re­reg­te in­sluit, met ’n mi­ni­mum de­po­si­to van R5 000.

“Ons sien by uit­stek groot be­lang­stel­ling on­der koop-om-te­ver­huur-be­leg­gers wat wil voor­deel trek uit die aan­trek­li­ke huur­op­brengs­te, in die om­trek van 9% tot 10%. Die vraag na huur­ver­blyf in hier­die a­rea is so hoog dat daar reeds huur­ders in van die splin­ter­nu­we een­he­de is, wat be­te­ken be­leg­gers kan koop son­der die romp­slomp om self ’n huur­der te soek.”

’n Vol­le­dig ge­meu­bi­leer­de ver­toon­een­heid is daag­liks va­n­af 10:00 tot 17:30 op skou. ) Vir meer in­lig­ting, kon­tak Ric­ky Gon­cal­ves by 084 565 5772 of gonr­inha@gmail.com.

E­ve­leigh Heig­hts is ’n aan­lok­li­ke, vei­li­ge en aan­trek­li­ke op­sie vir so­wel ko­pers as be­leg­gers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.