’n Gup­ta­slang in hier­die gras

Dlod­lo wan­trou Bell Pot­tin­ger

Beeld - - Front Page - Simon Sonnekus

Al moet hul­le be­dags druk­kies en high-5’s uit­deel in die warm son, sê die In­ni­bos-fees se ge­luk­brin­gers dit bly ’n lek­ker werk.

Me­gan Be­zui­den­hout (19), ’n ma­triek­leer­ling aan die Ho­ër­skool Nel­spruit, trek daag­liks soos die be­ken­de kin­der­boek­ka­rak­ter Ba­be­le­la aan.

Sy be­weeg rond na­by die fees se ATKV-boe­ke-o­a­se en sê dit is vir haar lek­ker om met kin­ders te werk.

“Ek het aan­soek ge­doen om by die fees te werk. Toe hul­le hoor ek hou van kin­ders het hul­le ge­vra of ek ’n ge­luk­brin- ger sal wees,” sê sy.

Al het die kwik in die week na aan 30 °C ge­draai, sê Me­gan sy byt vas wan­neer dit be­gin warm raak in die kos­tuum om­dat sy sien hoe ge­luk­kig kin­ders is wan­neer hul­le haar ka­rak­ter sien.

Sy en die an­der ge­luk­brin­gers hoef da­rem nie die he­le dag in hul uit­rus­tings rond te loop nie.

“Ek kry ’n bre­ak, dan kan ek my uit­rus­ting uit­trek. Dit is dan die lek­ker­ste as daar ’n brie­sie waai en ek ’n groot glas wa­ter kan drink.”

Han­nes Oost­hui­zen (33), wat as ’n vlak­vark aan­ge­trek is, sê dis glad nie moei­lik om op die fees­ter­rein met die swaar uit­rus­ting rond te loop nie.

“Soms is van die kin­der­tjies ’n bie­tjie bang vir ons, maar as ons eers met hul­le be­gin praat, loop hul­le nie som­mer weg son­der om vir ons ’n klomp druk­kies te gee nie,” sê hy.

Fo­to: SIMON SONNEKUS

Fees­gan­gers by die In­ni­bos­kuns­te­fees in M­bom­be­la ge­niet gis­ter die hoë rond­om­ta­lie­swaai op die fees­ter­rein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.