Van­dag se toets is stryd om rug­by se kroon

E­nig­iets moont­lik op E­den­park

Beeld - - Front Page - – S­port­re­dak­sie

Die ge­vries­de to­ne, mod­der in die oë, nerf­af knieë as ’n seun, wat ge­lei het tot dui­sen­de duik­slae en maan­de se re­ha­bi­li­ta­sie ná erns­ti­ge be­se­rings, is al­les vir Sam War­bur­ton die moei­te werd wan­neer die B­rit­se en Ierse Leeus van­og­gend (SA tyd) in die der­de toets teen die All Blacks te staan kom.

Dié toets op E­den­park in Auck­land sal die uit­slag van die reeks be­paal.

“Ons het waar­de­ring daar­voor dat dit die groot­ste en be­lang­rik­ste wed­stryd van ons loop­ba­ne is,” sê War­bur­ton, die Leeus se kap­tein.

“Dit is waar­oor el­ke op­of­fe­ring gaan wat jy as ’n seun ge­maak het om ’n be­roep­spe­ler te wees.

“Wed­stry­de soos hier­die maak op die ou end al­les die moei­te werd.”

War­ren Gat­land, die Leeus se hoof­brei­er, sê sy spe­lers be­sef die groots­heid van die ge­leent­heid.

Die All Blacks het im­mers in die ver­le­de nog net een keer – in 1971 – tuis ’n reeks­ne­der­laag teen die Leeus ge­ly.

Nieu-See­land het laas in 1998 ag­ter­een­vol­gen­de tuis­toet­se ver­loor en het die af­ge­lo­pe 23 jaar ’n on­oor­won­ne ver­to­nings­lys op E­den­park.

Ga­vin Has­tings se Leeus het in die 1993-reeks sa­ke ook – soos War­bur­ton se span – in Wel­ling­ton ge­lyk­op ge­maak toe hul­le die All Blacks met 20-7 ge­klop het.

Die Ki­wi’s het in die der­de toets in Auck­land wraak ge­neem met ’n oor­tui­gen­de oor­win­ning van 30-13.

War­bur­ton voor­spel die All Blacks gaan in ’n ver­woe­de bui wees.

“Ek ver­wag ’n soort­ge­ly­ke re­ak­sie as wat ons ge­had het na­dat hul­le ons in die eer­ste toets ge­wen het. Ons het die he­le week ge­had om ons daar­voor te staal. Dit gaan ’n e­pie­se toets wees.”

Die All Blacks moes nood­ge­dwon­ge, weens be­se­rings en die skor­sing van Son­ny Bill Wil­li­ams, toets­groen­tjies soos Jor­die Bar­rett en N­ga­ni Lau­ma­pe in die ag­ter­lyn kies.

Hoe­wel die me­dia die tuis­span se on­be­proef­de ag­ter­hoe­de as ’n oog­lo­pen­de leem­te uit­wys, is S­te­ve Han­sen, die All Black-af­rig­ter, nie daar­oor be­kom­merd nie.

“Dit is die­self­de as met e­ni­ge an­der wed­stryd. Hul­le weet wat van hul­le ver­wag word en hoe groot die druk gaan wees.

“Ver­trou jou in­stink en speel. As jy in daar­die ton­nel af­stap met self­ge­loof en jy ver­trou jou span­maats, is die saak reg,”sê Han­sen.

Die B­rit­se en Ierse Leeus gaan weer staat­maak op O­wen Far­rell se ak­ku­ra­te stel­skop­werk. Fo­to: GETTY IMAGES Fo­to: AP

Die stil­te voor die storm? Die All Black­kap­tein Kie­ran Re­ad glim­lag vir ’n kie­kie ná die Nieu­See­lan­ders se kap­teins­oe­fe­ning gis­ter..

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.