Nou waar­om ver­welk die Pro­te­as dan?

Beeld - - Front Page - Al­tus Mom­berg

Nog ’n dag van wis­sel­val­li­ge ver­to­nings deur die Pro­te­as het Suid-A­fri­ka met die rug teen die muur in die eer­ste krie­ket­toets teen En­ge­land op Lord’s.

Suid-A­fri­ka het 214/5 met die uit­skei­tyd op die twee­de dag ge­haal en het nog ’n ag­ter­stand van 244 lo­pies op die tuis­span se eer­ste­beurt­to­taal. En­ge­land is gis­ter ’n half­uur voor die mid­dag­e­te vir 458 uit­ge­boul.

Suid-A­fri­ka is net in dié po­si­sie dank­sy ’n ven­noot­skap van 99 om die vyf­de paal­tjie tus­sen Tem­ba Ba­vu­ma (48*) en T­heu­nis de Bruyn (48).

Dit was voor die reeks dui­de­lik dat Suid-A­fri­kain die af­we­sig­heid van Faf du P­les­sis en AB de Vil­liers in die eer­ste toets swaar op sy bou­l­aan­val sou steun. Die kolf­lys was on­er­va­re in En­gel­se toe­stan­de en die tuis­span se top-or­de het self sy eie pro­ble­me on­der­vind.

Dit is waar­om die ver­brou­de vang­kan­se en paal­tjies van fout­bal­le op die eer­ste dag van die toets so te­leur­stel­lend was. En­ge­land se ge­bre­ke met die kolf is uit­ge­buit deur die bou­lers, maar die Pro­te­as kon nie op dié kan­se voort­bou nie.

Gis­ter is al die vre­se oor die Pro­te­as se kolf­lys ont­bloot.

De­an El­gar het goed ge­lyk voor­dat hy net ná die tee­pou­se vir 54 uit is.

Hei­no Kuhn (1) was se­nu­ag­tig in sy eer­ste toets, ter­wyl die kom­mer oor Hashim Am­la (29) en JP Du­miny (15) se peil steeds daar is.

Kuhn be­hoort die he­le reeks in En­ge­land en die tuis­reeks teen Bangla­desj te kry om hom­self te be­wys, maar die klok moet bin­ne­kort vir Du­miny se toet­s­loop­baan lui. ) In­tus­sen is Ka­gi­so Ra­ba­da ge­skors uit die vol­gen­de toets, om­dat hy Don­der­dag on­aan­vaar­ba­re “taal of ge­ba­re” ge­bruik het, en so ’n vier­de straf­punt bin­ne 24 maan­de ge­kry het.

Fo­to: AP

Die Pro­tea­kap­tein De­an El­gar en sy span het twee moei­li­ke dae ag­ter die rug by Lord’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.