Kui­er kleur­ryk

in die Bo­Kaap

Beeld - - Front Page - CAR­LA LE­WIS ’n Ve­ran­de­ren­de buurt

Dis Ra­mad­aan. Soos jy deur die stra­te van die Bo-Kaap loop, deur Wa­le-, Dorp- en C­hi­ap­pi­nistraat, dryf daar die heer­lik­ste geu­re by die kleur­vol­le hui­se uit.

“Ons kook sop,” sê S­hi­reen Nar­ke­dien, ons gids en Bo-Kaap- se in­wo­ner. “Dis vir if­tar, wan­neer die vas met son­on­der ge­breek word.”

Ons draai om, kyk in die straat af waar ’n groep Ja­pan­se toe­ris­te met spook­a­sem­pienk ha­re en Hel­lo Kit­ty-T-hem­de voor ’n tur­koois huis po­seer.

“C­hee­se!” glim­lag hul­le vir hul vrien­din se nuut­ste iP­ho­ne, ter­wyl hul­le ’n V-te­ken met hul vin­gers vorm.

In die sko­ne Kaap, met sy Da­vid Hockney-blou wa­ter by C­lif­ton­strand en Kamps­baai en in­wo­ners wat al­mal lyk as­of hul­le ’n Z-kaart van Boss Mo­dels dra, is daar nie ’n te­kort aan fo­to­ge­nie­se be­stem­mings en mooi men­se nie.

Maar dis die Bo-Kaap, met sy re­ën­boog­hui­se, kei­steenste­gies en die ad­hans wat vyf keer ’n dag uit­ge­roep word, wat sorg dat die buurt een van die mooi­ste, in­te­res­sant­ste en mees In­sta­gram­ba­re ge­bie­de in Kaap­stad is.

En net soos met die “le­li­ke eend­jie” wat in die mooi­ste, ge­wild­ste mei­sie ver­an­der het, soek al­mal, van toe­ris­te tot ge­we­ten­lo­se ei­en­doms­ont­wik­ke­laars, ’n deel van die buurt.

Ge­wild­heid is maar ’n dub­bel­lem­swaard. Ons toer be­gin om 12:00 by die Bo-Kaap­se mu­seum, waar ons S­hi­reen ont­moet.

Sy gee vir ons die ver­plig­te kits­kur­sus in Suid-A­fri­kaan­se ge­skie­de­nis, Jan van Rie­beeckVOC 101 deur tot die Groeps­ge­bie­de­wet, tot­dat sy ag­ter­kom ons het da­rem ’n ba­sie­se grond­slag.

Toe sy hoor ek en my reis­ge­noot is joer­na­lis­te, word daar na die ho­ër­graad-weer­ga­we oor­ge­ska­kel.

Ek leer fei­te wat my u­ni­ver­si­teits­ge­skie­de­nis oor­ge­slaan het, kry ’n eer­ste­hand­se ver­tel­ling van ie­mand wat self en wie se voor­sa­te deur die Groeps­ge­bie­de­wet moes leef, al­les op­ge­dis in hel­der kwink­slae, so kleur­vol soos die hui­se wat die stra­te van

die Bo-Kaap om­raam.

On­ver­skil­li­ge e­ko­no­mie­se groei in huis­pry­se het eg­ter ’n paar uit­da­gings na die buurt ge­bring.

Die Bo-Kaap is tra­di­si­o­neel ’n Mos­lem­buurt, met ’n meer­der­heid Kaaps Ma­lei­se in­wo­ners, maar die uit­sig oor die stads­kom van die voet­heu­wels van Sein­heu­wel af en die na­by­heid aan die mid­de­stad het ge­sorg dat ei­en­doms­pry­se hier vin­ni­ger styg as ’n Ta­fel­berg­se ka­bel­kar­re­tjie vol Duit­se toe­ris­te.

Gen­tri­fi­ka­sie of­te­wel buurtop­knap­ping – so­wel ’n gons- as vloek­woord in die ei­en­doms­ont­wik­ke­ling­be­dryf – dwing tal­le in­wo­ners uit hul hui­se waar hul­le ge­slag­te lank ge­bly het om­dat hul­le nie meer die ei­en­doms­be­las­ting of huur kan be­kos­tig nie.

’n Bo-Kaap­se huis wat ’n paar jaar ge­le­de vir on­der R500 000 sou ver­koop, haal nou R4 mil­joen of meer.

Bui­te­land­se be­leg­gers en ei­en­doms­ont­wik­ke­laars koop die ei­en­dom­me soos soet­koek op, wat wel nu­we e­ko­no­mie­se ge­leent­he­de na die buurt bring.

’n Vyf­ster­ho­tel van ’n be­ken­de ket­ting­groep het on­langs sy deu­re hier ge­o­pen.

En loop jy deur die stra­te, kan jy s­ta­dig maar se­ker ook die koel ten­ta­kels van hip­ste­ris­me sien in­be­weeg. Skuins oor­kant Ro­se Cor­ner Ca­fe, ’n staat­ma­ker­win­kel in die buurt waar jy on­der meer koem­kwat-at­jar en spe­se­rye kan koop, het ’n boe­tiek met ’n De S­ti­jl-te­ma oop­ge­maak. (So hou die nu­we ont­wik­ke­laars die Kaap da­rem nog Hol­lands.)

En as jou nu­we grot­man/Ban­ting/sap­vas-di­eet ’n mo­ra­to­ri­um ge­plaas het op Kaap­se koek­sis­ters, is daar da­rem ’n de­toks­sap­kroeg in Wa­les­traat waar jy deug­saam aan ’n bor­rie-a­man­del­melk-spi­na­sie­sap kan teug, na­dat jy dit af­ge­neem het teen ’n kleur­vol­le ag­ter­grond van ’n BoKaap­se huis vir jou In­sta­gram­feed.

Klaag­lie­de­re van die be­voor­reg­tes

Maar wan­neer die muez­zins dou­voor­dag hul ad­hans be­gin sing, ver­loor die “ek­so­tie­se” buurt gou sy glans vir baie van die nu­we in­wo­ners en toe­ris­te.

Op die vyf­ster­ho­tel se T­ripAd­vis­or-web­werf word daar gal ge­braak oor die “ra­se­ri­ge mos­kees” – wat eeue lank steeds el­ke dag hul hei­li­ge ri­tu­e­le voort­sit.

Een van die mos­kees is die Au­wal-mos­kee, Suid-A­fri­ka se oud­ste mos­kee wat in 1794 deur Co­ri­don van Cey­lon, ’n be­vry­de slaaf op­ge­rig is.

S­hi­reen is di­plo­ma­ties wan­neer jy haar oor die ver­an­de­ring van die buurt se de­mo­gra­fie en die in­kom­mers se klag­tes uit­vra. Sy gee eg­ter toe dat ei­end­om­sen reis­a­gen­te nie al­tyd oop kaar­te met hul kli­ën­te speel oor die buurt se u­nie­ke ka­rak­ter nie.

“Ons is ’n heg­te ge­meen­skap en ons ver­wel­kom graag nu­we in­wo­ners,” sê sy.

Maar dan be­gin die in­kom­mers kla oor die ge­beds­roe­pers wat “raas” en Eid al-Adha (’n Isla­mi­tie­se fees waar ’n skaap as of­fe­ran­de ge­slag word), en hul­le wil hê die in­wo­ners moet hul kul­tuur en tra­di­sies, wat al eeue lank hier be­staan, skie­lik stop­sit om­dat hul­le laat wil slaap.

Ons stap voort. S­hi­reen word kort-kort ge­stop deur ’n vrien­de­li­ke “Hal­lo, An­tie” of ’n “As-Sa- laam-Alai­kum”, die Ara­bie­se groet wat “Mag vre­de met jou wees” be­te­ken. Daar word dit­jies en dat­jies uit­ge­ruil oor fa­mi­lie­le­de se ge­sond­heid, as­ook uit­no­di­gings om la­ter bak­sels koek­sis- ters te kom op­laai.

Een van haar bu­re wys trots vir ons fo­to’s van mes­sel­werk en ge­wel­lys­te wat hy on­langs by die Kas­teel aan­ge­bring het. Dis spe­si­a­lis­werk, en net ’n hand­jie­vol vak­man­ne be­skik oor die vaar­dig­he­de wat deur die Er­fe­nis­stig­ting goed­ge­keur is.

“In die Bo-Kaap weet al­mal al­les van me­kaar,” ver­tel S­hi­reen. “Dis nie mak­lik om ’n ge­heim vir jou bu­re weg te steek nie.”

Dan trek die muez­zins los met ’n ge­bed­sang en mans in wit jur­ke en ku­fi-be­dek­te kop­pe mik mos­kee toe om te bid.

As Ta­fel­berg nie voor ons op­ge­doem het nie, kon dit Ma­lak­ka in Ma­lei­sië of D­ja­kar­ta in In­do­ne­sië ge­wees het.

Hoe ek­so­ties, dink ek, on­wil­le­keu­rig.

So A­fri­kaans soos die Ko­ran

Reis­skry­wers (en ek is ook skul­dig hier­aan) is gou om na woor­de soos “ek­so­ties” te gryp om die an­ders­heid van iets te be­skryf. Met die eer­ste oog­op­slag is die Bo-Kaap, met sy Ma­lei­er­kul­tuur, hel­der ar­gi­tek­tuur en geu­ri­ge kos se­ker vir baie men­se “ek­so­ties”.

Maar dis die pro­bleem met die woord. Dis af­ge­lei van die G­riek­se woord exo­ti­kos, wat dui op “volks­vreemd” of “die an­der”.

En ter­wyl ons as A­fri­ka­ners trots is op die Fran­se, Hol­land­se en Eu­ro­pe­se in­vloe­de op ons taal en kul­tuur, is tal­le nog hui­we­rig om aan die Kaaps-Ma­lei­sie­se kul­tuur en Islam er­ken­ning te gee vir hul by­drae tot die taal.

Met die woord “ek­so­ties” sluit ons uit, eer­der as om dit te om­arm en te vier.

In­teen­deel, ’n mens kan aan­voer dat die Isla­mi­tie­se de­no­mi­na­sie S­ja­fis­me wat in die BoKaap be­oe­fen word, meer A­fri­kaans is as die drie sus­ter­ker­ke. A­fri­kaans het im­mers nie ont­staan in die ho­ge­re ge­wel­hui­se van die Hol­land­se a­del nie. Die o­mies van die VOC was te hoog­hei­lig oor hul ge­kun­stel­de Hol­lands.

Die Taal het sy oor­sprong in die kwink­slae en di­a­lek­tie­se skert­se­ry tus­sen Ma­lei­sie­se, Cey­lon­se en In­do­ne­sie­se sla­we in die kom­bui­se van Hol­land­se sla­we­mees­ters, en in ma­dras­sas en mos­kees.

Wan­neer ons “baie” be­na­druk, se­ker een van A­fri­kaans se guns­te­ling-woor­de, kom dit nie van En­gels of Hol­lands of Frans nie, maar van die Ma­lei­sie­se woord “ba­ny­ak”, wat “ve­le of tal­le” be­te­ken.

Die Bo-Kaap is die bron­aar van A­fri­kaans, daar in Dorp­straat waar die eer­ste A­fri­kaan­se skool in die 1800’s ’n ma­dras­sa was en sla­we­kin­ders hul “kop­les­se” van Ara­bies na A­fri­kaans uit die Ko­ran ver­taal het.

Die lek­ker­ste woor­de soos “kie­rangs”, “mie­lie”, “pal­jas” “ta­maai” en “soe­bat” het hier uit­ge­bor­rel en deel ge­word het van ons volks­mond se lek­si­kon.

Ons laas­te stop is by die Ro­se Cor­ner Ca­fe. Ek koop ’n hou­er koem­kwat-at­jar, ’n bos pie­sangs, en ’n hou­er tuis­ge­maak­te blat­jang, laat dit oor my tong rol soos die lek­ker­nye wat hul­le is.

En ek is dank­baar vir die woor­de, oor­blyf­sels van ’n kos­ba­re vrag, ver­voer in die mon­de van Oos­ter­se sla­we wat deur die pas­saat­win­de hier aan­ge­waai is.

Die stra­te kan ge­bruik word vir ’n stel van ’n Du­lux­ver­f­ad­ver­ten­sie.

Fo­to’s (ten­sy an­der­sins ver­meld): iSTOCK Fo­to: CAR­LA LE­WIS

Jong kin­ders speel in die stra­te van die Bo­Kaap. ’n Bor­rie­geel huis in die stra­te van die Bo­Kaap. Op ’n son­ni­ge dag is die blou lug en die hel­der kleu­re ’n fees vir die oog. Dis tra­di­sie om jou huis in ’n hel­der ska­ke­ring te verf. ’n Ou Mer­ce­des staan ge­par­keer voor die hui­se. ’n Hond rus voor een van die hui­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.