Ra­di­ka­le BLF vat houe in die hoë hof

Beeld - - Front Page - Han­nes Kru­ger

Reg­ter Cor­rie van der West­hui­zen se woor­de was gis­ter skaars koud of Black First Land First (BLF) oor­tree sy hof­be­vel en bars weer los teen die groep re­dak­teurs wat ’n in­ter­dik teen hom ge­kry het.

Vei­lig­heids­wag­te by die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg moes in­gryp toe le­de van die ra­di­ka­le be­we­ging op ver­teen­woor­di­gers van die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef) skree.

Van der West­hui­zen het kort te­vo­re Sa­nef se aan­soek om ’n drin­gen­de hof­be­vel teen BLF toe­ge­staan.

Sa­nef het die hof ge­vra om BLF en sy lei­er, An­di­le Mngx­i­ta­ma, te ver­bied om ver­slag­ge­wers en re­dak­teurs te teis­ter, te in­ti­mi­deer, aan te rand of te dreig.

Van der West­hui­zen het die aan­soek toe­ge­staan.

Hy het ook be­veel dat BLF nie drei­ge­men­te teen joer­na­lis­te op sy web­werf of in die so­si­a­le me­dia mag maak nie. Hy moet ook bin­ne 12 uur ’n ver­kla­ring op sy web­werf pu­bli­seer waar­in hy sê ge­weld teen joer­na­lis­te mag nie goed­ge­praat word nie.

’n Kos­te­be­vel is ook teen BLF uit­ge­reik.

Dit het die reg­ter slegs so­wat twee mi­nu­te ge­neem om sy be­vel voor te lees. Dit is met uit­roe­pe van “Me­dia free­dom! Me-

dia free­dom!” be­groet. Mngx­i­ta­ma en sy BLF-span het eers daar­na op­ge­daag.

Toe hy by sy aan­koms hoor hoe juig die Sa­nef-le­de, het hy luid­rug­tig ge­sê: “Na­tuur­lik het hul­le ge­wen! Dis dan ’n wit reg­ter wat sy wit men­se wil be­skerm! As ons te­rug­kom na hier­die hof toe dan wil ons ’n swart reg­ter hê.”

Vei­lig­heids­wag­te het al­mal in groe­pe van hoog­stens tien men­se in die hys­bak­ke af ver­ge­sel tot bui­te die hof.

Mahlat­se Gal­lens, voor­sit­ter van Sa­nef, het ge­sê sy ver­wel­kom die uit­spraak.

“As ons dit nie nou stop­sit nie, wie weet wat vol­gen­de kan ge­beur?

“Joer­na­lis­te moet toe­ge­laat word om hul werk te doen son­der in­men­ging en son­der om ge­ïn­ti­mi­deer te word of om on­vei­lig te voel.”

Die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor kom­mu­ni­ka­sie het ge­sê die hof­be­vel sal ’n dui­de­li­ke bood­skap aan al­mal oor­dra dat Suid-A­fri­ka ’n land is waar die op­per­ge­sag van die reg geld en waar joer­na­lis­te be­skerm word so­dat hul­le hul werk on­ge­hin­derd kan doen.

Mngx­i­ta­ma het bui­te die hof ge­sê wit men­se is hul vy­and.

“Ons het niks met die Gup­tas te doen nie. Ons be­veg net ras­sis­me en eu­wels soos wit­mo­no­po­lie­ka­pi­taal. Ons veg te­rug oor wat by ons swart men­se ge­steel is.”

Mo­si­u­oa Le­ko­ta, Co­pe-pre­si­dent, het joer­na­lis­te bui­te die hof aan­ge­moe­dig om hul werk met dap­per­heid te doen.

Die VF Plus het in re­ak­sie op die voor­val ’n be­roep op die po­li­sie ge­doen om joer­na­lis­te te be­skerm en drin­gend teen BLF op te tree.

’n Lid van Black First Land First (BLF) skree op Mo­si­u­oa Le­ko­ta, lei­er van Co­pe. Pas na­dat die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg die BLF en sy lei­er, An­di­le Mngx­i­ta­ma, ver­bied het om ver­slag­ge­wers en re­dak­teurs te teis­ter, in­ti­mi­deer, aan te rand, te dreig en na hul hui­se te gaan, het woe­den­de BLF­le­de al­ler­lei be­le­di­gings en drei­ge­men­te aan joer­na­lis­te bui­te die hof ge­skree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.