K­lein kok, groot Kok­ke­door­tjie Selfs al is die Kok­ke­door­tjie­reeks ver­by, be­leef die wen­ner Ed­win T­heron steeds nu­we er­va­rin­ge. Op die oom­blik vaar die jong kok ie­wers in die Mid­del­land­se See saam met sy ma en sus­sie, en het hy se­ker al die skeeps­kom­buis

Beeld - - Leefstyl - ER­RIE­DA DU TOIT

Suid-A­fri­ka se eer­ste wen­ner van die te­le­vi­sie­reeks Kok­ke

door­tjie het ’n rits pry­se ge­wen. Dit het in­ge­sluit ’n hand­ge­maak­te eet­stel met 12 van al­les, wat deur die pot­te­bak­ker Di­a­na Fer­rei­ra ge­maak is. Haar wa­re van swart klei is ge­sog on­der die land se voor­ste re­stau­rant­sjefs.

Die T­heron-ge­sin – ma Ma­rie­tjie, sus Mart­lie en Ed­win – ry toe op ’n herfs-Sondag van Wor­ces­ter af om die pot­te­bak­kers­pro­ses te sien en sy groot eet­ser­vies-prys te ont­vang.

Al­les baie ge­heim­sin­nig, want nie­mand mag weet hy is die kom­pe­ti­sie­wen­ner nie.

Die e­wig nuus­kie­ri­ge ko­s­a­von­tu­rier Ed­win laat toe nie die kans ver­by­gaan om kos te maak in die­self­de in­dus­tri­ë­le oond waar­in sy eet­wa­re ge­bak is nie. Ter­wyl die ko­los van ’n oond die reg­te tem­pe­ra­tuur be­reik, neem die jong kok met bra­va­de die rol van piz­zai­o­lo in.

In die kom­pe­ti­sie het hy die op­drag ge­kry om ’n S­paans ge­ïn­spi­reer­de piz­za te maak.

“My eer­ste ge­dag­te was om die be­stand­de­le in ba­ne op die piz­za uit te pak, om die S­paan­se vlag uit te beeld.”

Hy bieg dat hy voor die uit­da­ging nie eens ge­weet het wat cho­ri­zo is nie.

“Ge­luk­kig het Mia, die deel­ne­mer van P­re­to­ria, haar oor my ont­ferm en in die Kok­ke­door­tjie- spens vir my die S­paan­se wors uit­ge­wys.”

Nou kan hy al piz­za in S­paans be­stel: Qui­e­ro pe­dir una piz­za.

“Jy maak eer­ste die deeg dat dit kan rus ter­wyl jy die an­der be­stand­de­le reg­kry. En jy rol dit lek­ker dun uit so­dat die kors lek­ker bros kan bak en die kan­te kan be­gin kar­tel.” Met die­self­de gees­drif wat hy in die

Kok­ke­door­tjie- fi­naal die fi­let vir sy cor­don bleu met ’n ha­mer plat­ge­slaan het, rol hy drif­tig die piz­za­deeg uit en gooi dit dra­ma­ties in die lug om ver­der te rek en te vorm. Ons, sy leer­lin­ge, is nie so dap­per nie.

Vir die piz­za­ma­ke­ry het Di­a­na die groot werk­op­per­vlak, waar sy wen­prys aan­vank­lik af­ge­werk is, ont­ruim. ’n Groot ver­skei­den­heid be­stand­de­le staan in rye, selfs sam­pi­oe­ne wat Di­a­na self in ’n woud by­me­kaar­ge­maak het.

“Nie te veel be­stand­de­le op een piz­za nie,” maan die jong kok. “Te veel be­stand­de­le maak die piz­za ’n deur­me­kaar pap­pe­ry.”

Om die S­paan­se ka­rak­ter van die piz­za te be­klem­toon, maak hy ’n sof­ri­to-ta­ma­tie­sous, ge­geur met lou­rier­bla­re.

Die spek (I­be­ri­co-ham is te duur) word ook eers voor­af ef­fens bros ge­braai, soos die sjef Nic van Wyk, be­oor­de­laar, vir hom uit­ge­wys het.

Re­pe rooi soet­ris­sies wat hy voor­af in o­lyf­o­lie gaar­ge­maak het, ver­sterk die piz­za se S­paan­se ak­sent en stel die rooi van die lands­vlag voor. Geel ched­dar­kaas stel die geel baan voor.

Vir ek­stra smelt word moz­za­rel­la wel by­ge­werk. Wees spaar­saam met die ta­ma­tie­sous, want die suur kan mak­lik an­der sma­ke oor­heers, raai die mees­ter ons aan.

“Los die ran­te on­ge­smeer so­dat dit kan bros raak.”

Ons groot­men­se staan ver­stom oor die kna­pie se ken­nis. Om te dink dat hy bin­ne ’n skra­le uur on­der kom­pe­ti­sie­druk al die goed moes uit­dink én doen in die kom­pe­ti­sie.

“Dis eers met die kom­pe­ti­sie dat ek uit­ge­vind het wat my kind al­les weet.

“Kok­ke­door­tjie het my ge­leer dat ek my kind moet ver­trou,” sê sy ma.

Wat ons al­mal by hom kan leer, is om kos­maak as ’n ont­dek­kings­reis te sien.

Be­sig­tig Di­a­na se ke­ra­miek­wa­re by www.di­a­n­a­fer­rei­ra­ce­ra­mi­cs.com.

Om Ed­win T­heron te be­spreek vir ’n aan­bie­ding of de­mon­stra­sie, stuur ’n e­pos met be­son­der­he­de aan Er­rie­da du Toit by er­rie­da@edt­pr.co.za.

Di­a­na Fer­rei­ra kry ’n mees­ter­klas. Ed­win pronk met sy piz­za by die pot­te­bak­kers­oond.

Fo­to’s: IAN DU TOIT

Ed­win hou sy lyf piz­zai­o­lo ter­wyl sus Mart­lie toe­kyk

@huis­kok

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.