Proe­a­von­tuur wag in E­gip­te

E­gip­tie­se cui­si­ne is nie al­om­be­kend nie. Daar­om moet jy weet wat­ter ge­reg­te om daar te soek as jy reg­tig op ’n smaak­a­von­tuur wil gaan.

Beeld - - Leefstyl -

So sag en soet­klin­kend soos die woord ba­ba­ganoesj oor jou lip­pe rol, so sag en geu­rig is hier­die ro­ke­ri­ge ei­er­vrug­pa­tee waar­oor die E­gip­te­na­re gra­naat­pit­te soos ro­by­ne strooi. Net so lek­ker is moe­ta­bel, wat baie aan ba­ba­ganoesj her­in­ner, maar met ’n ro­me­ri­ger teks­tuur dank­sy ta­hi­na (se­sam­saad­pa­tee), jo­gurt en o­lyf­o­lie wat by­ge­roer word.

Bo­rek is drie­hoek­pas­tei­tjies met ’n vul­sel van sou­te­ri­ge wit kaas. Kibda is le­wer­tjies (ge­woon­lik hoen­der) wat in suur­le­moen en/of knof­fel ge­so­teer word. Labneh – ge­re­de­lik in de­li’s en groot su­per­mark­te by ons be­skik­baar – is kaas­jo­gurt­bal­le­tjies, soms met ment of knof­fel ge­geur, wat e­ni­ge slaai op­kik­ker.

E­gip­tie­se frik­ka­del­le (kof­tas) word met ko­myn ge­geur. Okra, ’n peul­groen­te, val nie in al­mal se smaak nie.

Heel dui­we ge­vul met ka­neel­rys is wyd be­skik­baar. Hamãm is die E­gip­ties-Ara­bie­se woord vir duif (nie te ver­war met ham­mam en ha­ram nie – wat on­der­skei­de­lik o­pen­ba­re bad­dens en pi­ra­mi­de of ver­bo­de be­te­ken).

Die E­gip­tie­se woord vir brood – aisj – be­te­ken ook le­we. Dit is dus geen won­der dat plat­bro­de som­mer self hul weg na jou ta­fel sal vind nie. Saam met die plat­bro­de word hoe­moes waar­in ’n hol­te­tjie ge­maak en ’n poe­le­tjie o­lyf­o­lie ge­gooi word, ta­fel toe ge­dra. Soe­mak word ge­woon­lik booor ge­sprin­kel.

Soek spe­se­rye

Twee spe­se­ry­meng­sels wat ’n mens ná ’n be­soek aan E­gip­te in jou ge­reg­te kan ge­bruik, is soe­mak en za’a­tar.

Soe­mak is don­ker­rooi, het ’n ver­fris­sen­de suur­de­ri­ge smaak en is af­koms­tig van die ge­droog­de bes­sies van die flu­weel­boom. Soe­mak werk goed saam met roos­ter­groen­te, lams­vleis, hoen­der, vis en slaai.

Za’a­tar is ’n spe­se­ry­meng­sel met on­der meer o­re­ga­num en tie­mie waar­by soms soe­mak en se­sam­saad ge­voeg word. Ge­niet dit saam met plat­bro­de, a­vo­ka­do, slaaie, bre­dies en sop­pe.

Spe­si­a­li­tei­te van A­lex­an­drië, Ka­ïro en Luxor

In A­lex­an­drië, 226 km van Ka­ïro, eet jy by ve­le bui­te­lug­re­stau­ran­te ge­braai­de vis.

In Ou Ka­ïro drink jy kof­fie uit ko­per­stoof­kan­ne­tjies, wat ka­na­kah ge­noem word, in die kof­fie­kroeg El Fis­ha­wi by die K­han el K­ha­li­li-mark. Hier sit jy om­ring deur spie­ëls, pi­la­re en hout­fi­li­grein­pa­ne­le tus­sen mans wat aan ta­fel­tjies aan wa­ter­py­pe met ap­pel­koosta­bak suig.

Op die Nyl is ’n buf­fet-ete op die Nyl­fa­rao-boot – met sy goue en tur­koois de­kor wat deur die graf­tom­bes van die Val­lei van die Ko­nings ge­ïn­spi­reer is – op toe­ris­te ge­mik. Dit sluit ’n ver­to­ning deur buik­dan­sers en ’n der­wiesj­dan­ser in. Ná ete drink jy kof­fie op die dek ter­wyl fe­loe­ke in die nag ver­by­gly.

In die luuk­se Me­na Hou­se-ho­tel in Gi­za teug jy aan ske­mer­kel­kies ter­wyl die son oor die pi­ra­mi­des sak.

Die oor­spronk­li­ke Me­na-huis was die ko­nink­li­ke gas­te­huis van Is­ma’il Pasja, een van die heer­sers van E­gip­te en Soe­dan van 1863 tot 1879. Hy is in 1895 dood na­dat hy twee bot­tels sjam­pan­je in een ses­sie in ’n paar teue pro­beer af­sluk het. (So het die tyd­skrif Ti­me be­rig.)

Aan die wes­te­li­ke oe­wer van die Nyl sit ons in Luxor aan in Tu­tan­ka­men vir ro­me­ri­ge hoen­der­ker­rie. Wees ge­waar­sku: Dié re­stau­rant se naam word in reis­gid­se en op web­wer­we ver­skil­lend ge­spel.

In Luxor lê die sjar­me van die So­fi­tel Win­ter Pa­la­ce-ho­tel in die af­ge­leef­de groots­heid.

Die King’s He­ad Pub is bin­ne loop­af­stand van die Win­ter Pa­la­ce. By die King’s He­ad is dran­kies heel­wat goed­ko­per as by die ho­tel­le. Die kroeg­man is ge­moe­de­lik, en in ’n hoek is ’n Bob Mar­ley-hul­de­blyk­muur.

In Aswan bied die So­fi­tel Le­gend Old Ca­ta­ract-ho­tel (waar A­ga­tha Chris­tie se De­ath on the Ni­le deels af­speel en waar dié boek in 1978 ver­film is) ’n on­ge­loof­li­ke uit­sig oor die mooi­ste deel van die Nyl. Oor ’n glas lig ver­koel­de O­mar K­ha­j­jam Ca­ber­net Sau­vig­non wens jy die aand moet nooit end kry nie.

Les jou dors

Wyn is duur in E­gip­te, ver­al as jy nie plaas­li­ke wyn be­stel nie. Meestal laat die E­gip­tie­se wyn veel te wen­se oor.

Die E­gip­te­na­re hou oor­we­gend by tee (shai), kof­fie (ahwa), hi­bis­kus­tee (kar­ka­de) – wat warm of koud ge­skink word, na ge­lang van die weer – en vars sap of ai­ran (’n meng­sel van jo­gurt, wa­ter en sout wat ’n mens lek­ker af­koel as dit so bloe­dig warm raak).

’n G­re­pie uit die ver­le­de

Om­trent 50 km suid van Luxor lê die dorp E­sna. Toe­ris­te be­soek dit om die Tem­pel van Khnoem te sien.

As jy in die ste­gie regs van die tem­pel af­loop en in die eer­ste ste­gie daar­na regs draai, sal jy op ’n ou o­lyf­pars af­kom. ) Leer meer van E­gip­tie­se kom­bui­se en sma­ke:

A­pri­cots on the Ni­le: A Me­moir with Re­ci­pes deur Co­let­te Ros­sant.

Die daag­lik­se brood is op pad. In E­gip­te is daar twee ma­nie­re van reis – tra­di­si­o­neel of mo­dern. In E­gip­te word hoe­moes met ’n poe­le­tjie o­lyf­o­lie en soe­mak voor­ge­sit. Ná el­ke klant word al die spe­se­rye en by­kos­se weer mooi op­ge­sta­pel.

E­gip­te is ’n land van geur en teks­tuur.

ILSE ZIETSMAN

@Leef­styl24

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.