Leeus kyk eers kat uit boom S­tra­eu­li: G’n no­dig­heid vir haas oor af­rig­ter

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Hy sal nie e­ni­ge e­mo­si­o­ne­le be­slui­te neem oor e­ni­ge van die af­rig­tings­pos­te wat ge­vul moet word by die Leeus nie.

Só het Ru­dolf S­tra­eu­li, uit­voe­ren­de hoof van dié u­nie, gis­ter ge­sê uit Kaap­stad, waar hy ’n bui­ten­ge­wo­ne al­ge­me­ne ver­ga­de­ring van die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) by­ge­woon het.

Sa­ru het op dié ver­ga­de­ring die be­sluit be­krag­tig om die C­hee­tahs en Sout­hern Kings die trek­pas uit Su­per­rug­by te gee. Die Leeus, S­tor­mers, Haaie en Bul­le sal van 2018 af Suid-A­fri­ka se e­nig­ste ver­teen­woor­di­gers in ’n reeks be­staan­de uit 15 span­ne wees.

Oor die aan­stel van nu­we brei­ers het hy ge­sê hy weet daar is e­mo­sie be­trok­ke by die be­slui­te, “maar dit sal nood­lot­tig wees om voor­ty­di­ge aan­kon­di­gings te maak”.

“Daar is ’n pro­ses waar­vol­gens ek moet werk en al­mal moet dit ver­staan. Se­ke­re rig­ly­ne en struk­tu­re moet ge­volg word.

“Ek wil aan­staan­de week ’n aan­kon­di­ging doen oor ons Cur­rie­be­ker-brei­ers, maar as ons in die eind­stryd van die Su­perS­port-uit­daag­reeks speel, sal ek dit moet uit­stel.

“Ons pri­o­ri­teit is om eers te fo­kus om al ons kom­pe­ti­sies af te han­del.”

Ge­rug­te het van­dees­week sterk ge­loop dat S­wys de Bruin, die Leeus se aan­valsaf­rig­ter, dalk ook weens die on­se­ker­heid oor sy toe­koms by die Leeus, sy ban­de met dié u­nie kan ver­breek en sy loop­baan in die Kaap kan voort­sit.

Die na­me van Fran­co S­mith, die C­hee­tahs se af­rig­ter, en B­ren­dan Ven­ter, ver­de­di­gings­kon­sul­tant van die S­pring­bok­ke, is ge­noem as moont­li­ke op­vol­gers vir Jo­han Ac­ker­mann as hoof­af­rig­ter van die Leeus se Su­per­span.

Die Vry­staat­se Rug­by­u­nie ont­ken eg­ter dat S­mith die Ro­se­stad gaan ver­laat.

S­tra­eu­li het ge­sê daar sal eers in­tern ge­kyk word na ’n ge­skik­te kan­di­daat om Ac­ker­mann te ver­vang en dan sal die net wy­er ge­span word.

“Ons ad­ver­teer nie die pos nie, ons sal self be­sluit wie die bes­te kan­di­daat is en dan daar­die per­soon na­der.

“Geen aan­kon­di­ging sal ge­doen word son­der dat ’n kon­trak met daar­die per­soon ge­sluit is nie.

“Dit maak nie saak wie ’n ant­woord wil hê oor die toe­koms nie, dit is een­vou­dig iets wat tyd sal neem om af­ge­han­del te word.”

“Ons kan ons­self nie in die voet wil skiet deur din­ge aan te jaag nie,” het hy ge­sê. Die moont­lik­heid is ge­noem dat De Bruin as hoof­af­rig­ter van die Cur­rie­be­ker­span aan­ge­wys sal word, maar dat hy oor die hoof ge­sien kan word om Ac­ker­mann se op­vol­ger te wees.

De Bruin se kon­trak as aan­valsaf­rig­ter van die Leeus ver­stryk eers teen die ein­de van 2018.

Die Leeus het nou slag­of­fers van hul eie suk­ses ge­word, met dié u­nie wat kort op me­kaar in die Su­perS­port-uit­daag­reeks, Cur­rie­be­ker-reeks en Su­per­rug­by se uit­klop­fa­ses be­trok­ke gaan wees.

Ru­dolf S­tra­eu­li

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.