VRA VIR ERNST

Skryf aan Vra vir Ernst: Ba­by­lon­sto­ren­plaas, Si­mo­di­um, Wes­Kaap, 7670 ernst@ba­by­lon­sto­ren.com of ernst­vj@out­look.com.

Beeld - - Leefstyl - Ernst van Jaars­veld Joey Nel van Hart­bees­poort het ’n fo­to van ’n plant in­ge­stuur en wil graag weet wat dit is.

Ant­woord: Joey, dit is K­lei­nia ful­gens, ’n mooi in­heem­se vet­plant­soort. Die plant be­hoort aan die as­ter­fa­mi­lie en al die K­lei­nia- soor­te is vet­plan­te. Hul­le het vle­si­ge bla­re en stin­gels met bla­re in sen­tra­le ro­set­te.

Van­uit die mid­del van die ro­set­te ver­skyn die bloei­wy­se wat reg­op groei en dan eers met han­gen­de kop sy mooi o­ran­je-rooi blom­me te voor­skyn bring.

Die plant groei in die Bos­veld en kweek mak­lik. Daar kom som­mer heel­wat K­lei­nia- soor­te in ons land voor, waar­van Klei

nia gal­pi­nii baie mooi is met bleek bla­re en rooi blom­me. Klei

nia sta­pe­li­i­for­mis het weer ron­de, vet stin­gels, is uit­lo­per­vor­mend en lyk na ’n aal­blom tot­dat dit blom en die as­ter­blom­me­tjies dit weg­gee.

K­lei­nia- soor­te doen baie goed in rots­tui­ne of hou­ers op ’n stoep en is baie droog­te­be­stand.

I­zak Rust skryf:

Ernst, ons ja­kobs­leer (Pe­di­lant­hus tit­hy­ma­loi­des sub­sp. smal­lii) se groei­pun­te word vir et­li­ke sen­ti­me­ters be­dek met ’n spier­wit poei­er­ag­ti­ge la­gie, so 1 mm dik wat uit­ein­de­lik die nu­we blaar­tjies ver­droog, op­skrom­pel en laat af­val. Die groei­pun­te word dus erg be­lem­mer. Die plant staan bui­te op die stoep in ’n groot pot en kry sog­gens vol­son. Met ’n 10x­ver­groot­ glas kan ek geen wol­lui­se of an­der te­kens van ’n in­sek of myt uit­maak nie. Ek het al ’n swart sak oor die plant ge­trek, waar­bin­ne ek Doom ge­spuit en oor­nag daar­in ge­hou het. Tans verf ek die wit la­gies een vir een met ’n koek­so­da­pas­ta (ek pro­beer die pH dras­ties ver­hoog). Dit lyk nie of ek suk­ses het nie.

Ant­woord:

I­zak, aan­ge­sien jy reeds teen in­sek en swam be­han­del het, ver­moed ek dat jou pro­bleem fi­si­o­lo­gies van aard is – iets an­ders as in­sek- of ver­wan­te pes­ti­len­sie. Dit kan by­voor­beeld ’n voe­dings­pro­bleem wees om­dat die grond moont­lik te suur is. Ek stel voor dat jul­le dit ver­plant en nu­we pot­grond gee waar­by kom­pos en ’n bie­tjie vloei­ba­re or­ga­nie­se kuns­mis by­ge­voeg word. Dit be­hoort groei te sti­mu­leer. Hou die plant dop en laat my weet of daar ver­be­te­ring is. In­dien nie, sal ek graag die plant met sy simp­toom wil sien. C­liff Dor­se, wat ’n fo­to in­ge­stuur het, skryf: Ernst, ek sal graag wil weet wat die plant se naam is.

Ant­woord:

C­liff, daar is twee soor­te ter spra­ke in jou fo­to. Die een is van die na­boom ( Eup­hor­bia in­gens) en die an­der die noors ( Eup­hor

bia le­die­nii). Eers­ge­noem­de kom van die Bos­veld voor en word reus­ag­tig groot. Dit het baie spa­sie no­dig en met gif­ti­ge melk­sap moet jy dit met ver­sig­tig­heid han­teer. Dik­wels plant men­se die jong na­boom, wat al­te fraai is, maar ná ’n aan­tal ja­re is dit groot en word dit ’n pro­bleem. Die boom moet ver­sig­tig (hand­skoe­ne, oog- en vel­be­sker­ming) af­ge­kap word. So, dink al­tyd goed voor­dat jy ’n jong na­boom plant. Dit is ’n baie mooi plant, maar vir groot tui­ne.

Die noors aan die an­der kant kom van­uit die Noors­veld in die Oos-Kaap­se. Die plant is uit­lo­per­vor­mend en vorm dig­te pla­te met reg­op, vier­kan­ti­ge, vet, do­ring­stin­gels. Dit het ook melk­sap, maar is nie gif­tig nie en kan deur vee be­wei word. Dit aard goed in rots­tui­ne.

’n K­lei­nia ful­gens, soort­ge­lyk aan die fo­to wat Joey Nel in­ge­stuur het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.