Pro­tea­bou­lers wil slag slaan teen In­dië

Beeld - - Sport -

Een van die har­de sla­ners van die Suid­A­frik­jaan­se vroue­krie­ket­span Chloe Tryon, sê die Pro­te­as sal van­dag in Lei­ces­ter in al­le af­de­lings teen In­dië moet vuur.

Tryon (54) het Woens­dag in B­ris­tol in Suid­A­fri­ka se ver­loor­stryd teen En­ge­land slegs 25 bal­le vir haar vyf­tig­tal be­no­dig, wat tot dus­ver die vin­nig­ste vyf­tig­tal op van­jaar se toer­nooi is.

Tryon het ge­sê die bou­lers wil sa­ke reg­stel na­dat hul­le kwaai deur­ge­loop het toe En­ge­land 373/5 ge­mo­ker het om Suid­A­fri­ka sy eer­ste ne­der­laag in die toer­nooi met 68 lo­pies toe te dien.

Suid­A­fri­ka het na vyf­de te­rug­ge­sak na­dat al die span­ne vier wed­stry­de vol­tooi het.

In­dië, in die twee­de plek, is saam met Aus­tra­lië die e­nig­ste twee on­oor­won­ne span­ne in van­jaar se Wê­reld­be­ker­toer­nooi.

) Pun­te­stand ná vier wed­stry­de: 1. Aus­tra­lië 8; 2. In­dië 8; 3. En­ge­land 6; 4. Nieu­See­land 5; 5. Suid­A­fri­ka 5; 6. Sri Lan­ka 0; 7. Pa­ki­stan 0; 8. Win­dies 0. – Jo­hann de Ja­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.