Ra­ket­borg sê ai­kô­na vir ‘ver­veel­de’ To­mic

Beeld - - Sport - – Reuters

Die ra­ket­ver­vaar­di­ger He­ad het sy borg­skap aan die Aus­tra­lie­se ten­nis­spe­ler Ber­nard To­mic ont­trek na­dat hy ge­sê het hy was “ver­veeld” in sy ne­der­laag in die eer­ste ron­de by Wimbledon.

“Ons was ui­ters te­leur­ge­steld met die kom­men­taar van Ber­nard To­mic, een van die at­le­te wat ons borg. Dié soort me­ning weer­spie­ël nie ons eie in­ge­steld­heid teen­oor ten­nis, ons pas­sie, pro­fes­si­o­na­lis­me en re­spek vir die sport nie,” sê die maat­skap­py in ’n ver­kla­ring.

“Daar­om het ons be­sluit om ons ven­noot­skap met To­mic te be­ëin­dig.”

Die 24­ja­ri­ge To­mic, wat in 2015 laas ’n ti­tel ge­wen het, sê hy was ver­veeld en kon nie mo­ti­ve­ring vind nie in sy lus­te­lo­se ver­to­ning wat hy met 3­6, 4­6, 3­6 teen Mis­cha Z­ver­ev ver­loor het. Hy is ook met £11 600 (meer as R200 000) be­boet weens “on­spor­tie­we ge­drag”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.