‘Mam­ma, ek mag maar gaan’

Beeld - - Front Page - E­li­se Tem­pel­hoff

’n Agt­ja­ri­ge seun­tjie wat die af­ge­lo­pe vier jaar ’n ver­be­te stryd teen neu­ro­bla­sto­ma, ’n ag­gres­sie­we kan­ker, ge­voer het, is gis­ter­og­gend dood.

Li­zel Ester­hui­zen, ma van Ja­c­ques, het 12:00 op Fa­ce­book ge­skryf: “My lief­ling, my le­we, my hart­klop. Rus sag. Ons dra jou vir e­wig in ons har­te, ons hoor jou lag en sien jou hard­loop!

“Jy is die hel­der­ste ster, die mooi­ste en­gel ooit. Ek weet die en­ge­le het jou sag­gies kom toe­vou! Ons is lie­wer as lief vir jou! Dan­kie dat ek jou mam­ma kan wees, dan­kie dat jy my seun­tjie is!

“Jy is my­ne en ek is jou­ne, kom kui­er in my dro­me.”

Sy het haar ge­bed vir Ja­c­ques af­ge­sluit met die woor­de: “Vlieg hoog, my kind.”

Kort na­dat kan­ker by Ja­c­ques ge­di­ag­no­seer is, het Ester­hui­zen ’n Fa­ce­book-blad, Ge­bed vir Ja­c­ques, be­gin.

16 659 men­se het vir Ja­c­ques ge­bid en daag­liks sy vor­de­ring op Fa­ce­book dop­ge­hou.

Meer as 3 000 men­se het teen 13:30 hul mee­ge­voel met Li­zel en haar man, Ja­co, op Fa­ce­book be­tuig.

Die ge­sin Ester­hui­zen het aan­vank­lik op Ku­ru­man in die Noord-Kaap ge­woon, maar na­dat kan­ker by hul seun­tjie ge­di­ag­no­seer is, het hul­le Pot­chef­stroom toe ver­huis om na­by dok­ters te wees.

Dok­ters het Ja­c­ques in 2013 vier we­ke ge­gee om te leef, maar hy het al­le ver­wag­tin­ge oor­tref.

In 2015 het hy ’n te­rug­slag be­leef en dok­ters het hom toe vier maan­de ge­gee om te leef.

Hy het ook c­he­mo­te­ra­pie on­der­gaan wat al sy ha­re laat uit­val het. Ja­c­ques het in Fe­bru­a­rie moei­lik be­gin loop en in Mei heel­te­mal be­heer oor sy be­ne ver­loor.

Ja­c­ques se toe­stand het Vry­dag­aand ver­swak na­dat hy die vo­ri­ge dag vro­lik en op­ge­wek was. Hy het selfs ge­sing.

Sy ou­ers is Vry­dag net ná 18:00 per am­bu­lans met hom na Hos­pi­ceWits.

Hy kon nie meer be­hoor­lik a­sem­haal nie en is op suur­stof ge­plaas. Li­zel het ge­sê hy was baie deur­me­kaar.

Sy was langs sy bed toe hy sy laas­te a­sem uit­ge­blaas het.

Li­zel het Sa­ter­dag om­streeks 23:00 ge­skryf Ja­c­ques veg hard en skop vas.

“Ons is so voor­be­rei vir wat die vol­gen­de stap is, maar weer het die Ys­ter­man be­sluit om vas te skop. Dit is as­of hy net nog wil aan­hou veg en vas­klou. Ons praat mooi met hom, ver­se­ker hom dat als ok sal wees. Dat hy klaar ge­wen het!

“In die he­mel sal sy ly­fie sterk wees, hy sal weer kan loop, sing en speel!

“Maar hy het dui­de­lik nog nie ge­noeg van ons ge­had nie.

“Sy or­ga­ne is stel­sel­ma­tig be­sig om af te ska­kel, maar hy is baie kalm. Ja­c­ques het gis­ter­aand ge­vra: o­kay Mam­ma, ek mag maar gaan, o­kay?!

“Ons dank die He­re dat hy ons ge­kies het om sy ou­ers, groot­ou­ers en fa­mi­lie te wees.”

Li­zel het al­mal be­dank vir die ja­re van on­der­steu­ning.

Ja­c­ques het ’n jon­ger boe­tie, Ri­an (3), en ’n sus­sie, Ca­ri­ke (2).

Fo­to: FA­CE­BOOK

Ja­c­ques Ester­hui­zen en sy ma, Li­zel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.