Cra­ven­week

Ti­nus van S­ta­den skryf oor Pu­mas, Bul­le

Beeld - - Front Page - Ti­nus van S­ta­den

Tra­di­si­o­ne­le Blou Bul-rug­by te­sa­me met ’n in­ge­steld­heid om die bal vleu­els toe te jaag, sal van­jaar die Blou Bul­le se Cra­ven­week-blou­druk wees.

Die Cra­ven­week-toer­nooi be­gin op 17 Ju­lie by St. S­ti­thi­ans Col­le­ge in Jo­han­nes­burg.

Die Bul­le, wat ver­le­de jaar twee uit hul drie wed­stry­de ge­wen het, be­gin hul aan­slag op die tro­fee Dins­dag teen K­waZu­lu-Na­tal.

Jan Mol­lent­ze, die span se hoof­af­rig­ter, sê sy span se doel­wit van­jaar is om al drie sy wed­stry­de te wen.

“Die heel be­lang­rik­ste is dat ons al drie ons wed­stry­de wen en, as dit moont­lik is, dat ons in die hoof­wed­stryd speel. Dan is dit ook vir my be­lang­rik wat­ter soort rug­by ons speel,” sê Mol­lent­ze.

“Ons gaan tra­di­si­o­ne­le Bul­le­rug­by speel met krag­spel voor­langs, maar ons gaan nie hui­wer om die bal te skuif nie,” sê hy.

Hoe­wel daar ’n spe­ler of twee is wat weens be­se­rings nie be­skik­baar is nie, is Mol­lent­ze baie te­vre­de met die span wat hy kon kies.

“Ons het ’n groot en sterk maar be­weeg­li­ke pak voor­spe­lers en spel­bre­kers in die ag­ter­lyn.”

Die span word oor­heers deur s­pe­lers uit die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies), wat se­we s­pe­lers tot die 23-tal by­dra. Die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof word ook goed ver­teen­woor­dig en ses Klo­fies sal hul pro­vin­sie op die sko­le­toer­nooi ver­teen­woor­dig.

S­pe­lers soos die ha­ker en kap­tein, Jo­han van Zyl, die agt­ste­man, P­hi­lip Pot­gie­ter, en die slot Ora­teng Koi­ka­ny­ang is van die Bul­le se voor­spe­lers wat hul teen­stan­ders kan sag maak.

As die span se agt­tal die oor­hand kry, kan die skrum­ska­kel Gi­o­van Sny­man die tou­tjies ag­ter­langs trek. Die Bul­le se heel­ag­ter, Die­go Ap­pol­lis, is ook ’n spe­ler met ’n blink toe­koms.

Ap­pol­lis het sy deug­de twee we­ke ge­le­de op die Noord­vaal-bon­de­dag in P­re­to­ria on­der­streep toe hy drie drieë teen die Vry­staat ge­druk het.

Fo­to’s: MA­RI­US NORTJE

Gi­o­van Sny­man, kook­wa­ter­skrum­ska­kel van die Blou Bul­le se Cra­ven­week­span ty­dens die Noord­vaal­bon­de­dag in ak­sie. Sny­man is een van die Lig­blou­es se sleu­tel­spe­lers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.