Prin­se maak har­te oop in nu­we do­ku­men­têr oor hul ma

Beeld - - Front Page - Ar­le­ne Prins­loo

Di­a­na, ont­sla­pe prin­ses van Wal­lis, se twee was vir haar al­les.

Sy sou juis op 1 Sep­tem­ber, die dag ná haar en Do­di Fay­ed se laas­te aand in Pa­rys, na haar seuns in Lon­den te­rug­ge­keer het na­dat hul­le saam met hul pa op Bal­mo­ral in S­kot­land va­kan­sie ge­hou het.

Van­jaar, met die 20ste her­den­king van Di­a­na se dood op 31 Au­gus­tus, het prins Wil­li­am en prins Har­ry hul hart oop­ge­maak en met die TV-ka­naal ITV saam­ge­werk aan die do­ku­men­tê­re pro­gram Di­a­na, Our Mot­her: Her Li­fe and Le­ga­cy.

In ’n voor­skou wat Sa­ter­dag uit­ge­reik is, blaai die twee broers deur ’n pri­va­te fo­to­al­bum wat Di­a­na saam­ge­stel het.

Die twee prin­se ver­tel dat Di­a­na die “stout” ou­er was.

Wil­li­am wys na ’n fo­to van hom en sy ma en sê hul­le drie is eint­lik al­mal op die fo­to, want Di­a­na het Har­ry toe ver­wag.

Di­a­na het al­tyd na die tyd voor Har­ry se ge­boor­te ver­wys as die ge­luk­kig­ste tyd in haar en prins C­har­les se hu­we­lik.

Met dié do­ku­men­tê­re pro­gram – een van ve­le oor Di­a­na in die aan­loop tot die her­den­king op 31 Au­gus­tus – was dit die eer­ste keer dat hy en sy ou­er broer oor Di­a­na as ma praat, sê Har­ry in die voor­skou.

Wil­li­am was 15 toe Di­a­na dood is en Har­ry 12. In die ja­re daar­na het hul­le nooit in die o­pen­baar oor die ver­lies van hul ma ge­praat nie. Eers on­langs het hul­le in o­pen­ba­re op­tre­des al hoe meer na hul ma be­gin ver­wys.

Wil­li­am het al ge­sê sy ma se dood is vir hom nog net so skok­kend soos die og­gend van 31 Au­gus­tus 1997 toe sy pa hom in die Bal­mo­ral-kas­teel van haar dood ver­tel het.

Die ko­nings­ge­sin het dié dag ou­der­ge­woon­te hul gang ge­gaan.

So al­le­daags was dit dat Har­ry sy pa ge­vra het of sy ma reg­tig dood is.

Die twee seuns is saam met prins C­har­les na die diens in die Cra­thie-kerk by Bal­mo­ral.

Op ver­soek van ko­nin­gin Elizabeth is daar in die diens geen mel­ding van Di­a­na se dood ge­maak nie.

Die jong prin­se het die dae ná hul ma se dood op Bal­mo­ral ge­bly en is eers die Don­der­dag­aand voor die be­graf­nis daar­die Sa­ter­dag weer ge­sien toe hul­le van die blom­me wat by Bal­mo­ral se hek­ke neer­ge­sit is, gaan be­sig­tig het.

Die Vry­dag het hul­le na Lon­den te­rug­ge­keer en saam met prins C­har­les na die blom­me­ta­pyt ter ere van hul ma bui­te Ken­sing­ton-pa­leis gaan kyk en die blom­me wat hul­le van men­se ont­vang het, gaan neer­lê.

Die Sa­ter­dag het hul­le ag­ter hul ma se kis in die stra­te van Lon­den ge­stap.

Op die kis was drie rui­kers. Die voor­ste rui­ker het ’n wit koe­vert met net die woord “Mum­my” op­ge­had.

Har­ry het on­langs in ’n on­der­houd met News­week ge­sê hoe moei­lik dit as 12-ja­ri­ge was om so ag­ter sy ma se kis aan te stap.

Vroe­ër van­jaar het Har­ry ook ont­hul hoe hy op aan­drang van Wil­li­am pro­fes­si­o­ne­le hulp gaan kry het om Di­a­na se dood te ver­werk.

Wil­li­am het in ’n on­der­houd met die tyd­skrif GQ ver­tel hoe hy ook sy e­mo­sies oor sy ma se dood “weg­ge­bê­re” het en hoe moei­lik dit was om in die o­pen­ba­re oog te rou.

Haar in­vloed op haar seuns, ver­al die skei­ding tus­sen hul ko­nink­li­ke ver­plig­tin­ge wan­neer hul­le in die o­pen­ba­re oog is en hul pri­va­te le­we, is dui­de­lik.

Fo­to: GETTY IMAGES

Di­a­na, prin­ses van Wal­lis, hard­loop na prins Wil­li­am en prins Har­ry na­dat sy hul­le ’n week lank nie ge­sien het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.