Plaas­aan­val

70­ja­ri­ge sterf ná houe met hoek­ys­ter

Beeld - - Front Page - Han­nes Kru­ger

D­ries S­choe­man (70), wat op 21 Ju­nie drie keer met ’n hoek­ys­ter op sy plaas na­by Ma­cha­do­dorp, M­pu­ma­lan­ga, oor die kop ge­slaan is, is gis­ter­og­gend dood.

Frans Pie­ter­se (43), sy skoon­seun, sê D­ries het gis­ter­og­gend om­streeks 01:30 aan sy be­se­rings be­swyk.

“Hy moes Dins­dag ’n o­pe­ra­sie on­der­gaan het, maar toe was daar iets fout in die o­pe­ra­sie­te­a­ter.

“Die o­pe­ra­sie is toe tot Don­der­dag uit­ge­stel, maar dit het weer nie plaas­ge­vind nie,” sê Pie­ter­se.

D­ries se toe­stand het teen Vry­dag ver­swak.

Ma­ri­us M­ül­ler, A­friForum se na­si­o­na­le vei­lig­heids­ko­ör­di­neer­der, sê sy dood is tra­gies.

“Ek hoop reg­tig die tan­nie (sy vrou, Ma­ri­aan) oor­leef die aan­val.”

Ma­ri­aan (68) is ook met ’n hoek­ys­ter oor die kop ge­slaan.

Die eg­paar was ’n nag lank met erns­ti­ge be­se­rings aan bo- me in ’n bloe­kom­bos vas­ge­bind.

Pie­ter­se sê Ma­ri­aan is Maan­dag on­ver­wags in die hos­pi­taal op­ge­neem om­dat sy skie­lik woor­de nie be­hoor­lik kon uit­spreek nie.

“Dok­ters het ont­dek sy het ook bloe­ding op die brein.

“Sy is in ’n erns­ti­ge maar sta­bie­le toe­stand in die hos­pi­taal.”

Vol­gens M­ül­ler sal hul­le help met be­ra­ding vir die fa­mi­lie en hul­le in dié tyd on­der­steun.

“Ons gaan voort met buurt­wag­pa­trol­lies in die om­ge­wing en gaan help om die men­se in die ge­bied te be­vei­lig,” sê hy.

’n Plaas­wer­ker, die hoof­ver­dag­te, is kort ná die aan­val op die S­choe­man-eg­paar aan­ge­keer.

M­ül­ler sê twee an­der ver­dag­tes wat na be­we­ring die hoof­ver­dag­te ge­help het, is nog soek.

Die plaas­wer­ker het op die plaas S­choon­ge­zicht tus­sen Wa­ter­val-Bo­ven en Ma­cha­do­dorp ge­werk voor­dat hy ’n maand ge­le­de skie­lik ver­dwyn het.

Ma­ri­aan het die man glo her­ken toe hy haar oor­val en met draad en skoen­ve­ters vas­ge­bind het. Hy wou geld by haar hê.

“Hul­le het die oom en tan­nie se huis om­trent leeg ge­steel. Al wat oor­ge­bly het, is hul kluis waar­in hul vuur­wa­pens was,” het M­ül­ler vroe­ër ge­sê.

Hy het ge­sê die hoek­ys­ter waar­mee die eg­paar aan­ge­rand is, is in die bos ge­vind en vir fo­ren­sie­se toet­se ge­stuur.

Pie­ter­se het vroe­ër ge­sê die aan­val­ler het ge­dreig om D­ries met pe­trol aan die brand te steek toe hy sy vrou pro­beer help het.

“My skoon­ma het by hom ge­pleit om dit as­se­blief, as­se­blief nie te doen nie.”

D­ries en Ma­ri­aan S­choe­man.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.