‘The Voi­ce’

Craig Lu­cas wen – al die dra­ma

Beeld - - Front Page - Te­re­sa Coet­zee

Tra­ne van blyd­skap het ge­vloei toe die 24-ja­ri­ge Craig Lu­cas van El­sies­ri­vier in Kaap­stad gis­ter­aand aan­ge­wys is as die twee­de al­ge­he­le wen­ner van die The Voi­ce SA, wat die af­ge­lo­pe 24 Son­dae op M-Net uit­ge­saai is.

Lu­cas het twee we­ke ge­le­de uit sy werk as mo­de­be­plan­ner in Kaap­stad be­dank om sy droom te volg om ’n pro­fes­si­o­ne­le san­ger te word.

Hy het vroe­ër ver­tel dat dit die wens van sy ma, ’n en­kel­ou­er, was dat hy eers ’n graad ver­werf om op te­rug te val voor­dat hy sy droom gaan na­streef.

Lu­cas se af­rig­ter in The Voi­ce SA, Kahn Mor­bee, was net so in sy nop­pies met sy oor­win­ning, want dit was boon­op die twee­de op­een­vol­gen­de jaar dat sy kan­di­daat wen.

Ver­le­de jaar is Mor­bee se “stem”, Ri­chard S­tir­ton, as die eer­ste wen­ner van die reeks aan­ge­wys.

Lu­cas het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie ná die op­na­me ge­sê hy is steeds oor­stelp oor die uit­slag.

Hy het nie een oom­blik ge- dink dat hy gaan wen nie en selfs toe sy naam uit­ge­roep word, het hy ge­twy­fel of hy reg ge­hoor het, het hy ge­sê.

Hy het met die eer­ste vier reg­streek­se op­na­mes in die Mo­sa­ïek-te­a­ter in Fai­r­land, Jo­han­nes­burg, ’n er­ge si­nus­in­fek­sie ge­had en baie in hom­self ge­twy­fel.

“Ek is nie ’n ou wat mak­lik kan­se vat nie,” sê hy.

“Hier­die was ver­re­weg die groot­ste kans wat ek in my le­we ge­waag het en ek is nie vir ’n oom­blik spyt nie.”

Meer as 1,6 mil­joen stem­me is die af­ge­lo­pe week ge­tel.

Die vier top­deel­ne­mers was Josh Ans­ley (31), wat al­ge­heel twee­de ge­ëin­dig het, Ca­ro­li­neGra­ce Br­üs­sow (31), en Sa­man­tha Le­o­nard (24).

De­loit­te Tou­che sal die fi­na­le stem­sta­tis­tie­ke la­ter die week be­kend maak.

Be­ne­wens ’n CD-kon­trak van U­ni­ver­sal Mu­sic in Suid-A­fri­ka ont­vang Lu­cas R250 000 kon­tant van Di­al­di­rect, ’n Ge­ar S3-slim­hor­lo­sie, ’n Ga­laxy S8slim­foon en 360-ka­me­ra van Samsung, ’n Ge­ar VR-bril, ’n Ge­ar i­co­niX-stel en ’n ks9500 SUHD- TV, ’n Su­ba­ru Im­pre­za 2.0 Pre­mi­um CVT en R100 000 se kle­re van Tru­wort­hs.

Fo­to: SI­MON SONNEKUS

’n Hoogs e­mo­si­o­ne­le Craig Lu­cas (24) van El­sies­ri­vier in Kaap­stad. Hy is gis­ter­aand aan­ge­wys as die twee­de wen­ner in M­Net se The Voi­ce

SA. Josh Ans­ley (31), oor­spronk­lik van Zim­bab­we, is die naas­wen­ner. Die Bloem­fon­tei­ner Ca­ro­li­ne­Gra­ce Br­üs­sow en Sa­man­tha Le­o­nard was ook in die top­vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.