Daar doen SA span dit weer (nie)

Beeld - - Front Page - Al­tus Mom­berg

Dit sou nooit mak­lik ge­wees het om 331 aan te te­ken op ’n kolf­blad vol s­tre­ke nie, maar die wy­se waar­op die Pro­te­as boe­del oor­ge­gee het op Lord’s in Lon­den, was on­ver­geef­lik.

Suid-A­fri­ka kon gis­ter­mid­dag slegs 36.4 boul­beur­te oor­leef en is vir ’n ska­me­le 119 uit­ge­haal om aan En­ge­land ’n se­ge met 211 lo­pies in die eer­ste krie­ket­toets te gee. Met die twee­de toets wat Vry­dag op T­rent B­rid­ge be­gin, sal die af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, en die te­rug­ke­ren­de kap­tein, Faf du P­les­sis, die fo­kus en die in­ge­steld­heid van die span dra­ma­ties moet ver­be­ter. Boon­op sal die keur­ders ook moet kop­krap oor wie Ka­gi­so Ra­ba­da gaan ver­vang. Dié snel­bou­ler is vir ’n toets ge­skors na­dat hy die IKR se ge­drags­ko­de oor­tree het. Die En­gel­se weg­breek­bou­ler, Moeen Ali, ver­dien baie lof vir sy boul­ver­to­ning. Dié be­baar­de spe­ler het ’n skit­te­ren­de toets be­leef. Sy 87 lo­pies in die eer­ste beurt het En­ge­land ste­wig in die saal help kry en hy het dit op­ge­volg met boul­sy- fers van 4/59 in die eer­ste beurt. Hy was gis­ter die groot­ste ge­vaar­man met die bal en het ge­ëin­dig met 6/53, vir ’n wed­strydont­le­ding van 10/112.

Nie een Pro­tea-kol­wer kon die kolf­blad, die En­gel­se bou­l­aan­val of die wed­stryd­si­tu­a­sie be­mees­ter nie, hoe­wel elk­een het een of twee grens­houe ge­slaan het voor­dat hul­le hul paal­tjies ver­loor het. Dit is moei­lik om ie­mand uit te son­der, maar ge­ge­we die dun ys waar­op JP Du­miny voor dié toets was, is dit waar­skyn­lik dat dié toets sy laas­te was.

Du­miny (2), wat al ja­re lank nie sy ta­lent ge­stand ge­doen het nie, het met die laas­te bal voor die tee­pou­se pro­beer om ’n trek­hou teen Ja­mes An­der­son te speel, maar is deur Ali op mid­de­baan ge­vang.

Met Du P­les­sis wat sal te­rug­keer op T­rent B­rid­ge, is dit bit­ter moei­lik om te sien hoe Du­miny sy plek in die span kan be­hou. Die Pro­te­as se bou­l­aan­val sou da­rem ook ’n bie­tjie moed ge­put het uit hul ver­to­ning gis­ter. Na­dat En­ge­land sy twee­de beurt op 119/1 her­vat het, het Suid-A­fri­ka hom vir 233 uit­ge­haal. Die En­gel­se het hul laas­te se­we paal­tjies vir net 63 lo­pies ver­loor. Kes­hav Ma­ha­raj (4/83) en Mor­né Mor­kel (3/65) was die Pro­te­as se bes­te bou­lers.

Die Pro­te­as se brou­werk op die eer­ste twee dae, wat En­ge­land in staat ge­stel het om ’n ste­wi­ge 458 in sy eer­ste beurt aan te te­ken, was uit­ein­de­lik deur­slag­ge­wend in dié toets. ) Die Pro­te­as se af­rig­ter, Rus­sell Do­min­go, is weer op pad na Suid-A­fri­ka na­dat sy ma se toe­stand ná haar ’n mo­tor­on­ge­luk in­tus­sen ver­swak het.

Fo­to: GETTY IMAGES

S­juut! Ka­gi­so Ra­ba­da het gis­ter aan die Lord’s­ska­re in Lon­den en sy span­maats ge­wys dat hy tjoep­stil gaan bly na­dat hy die paal­tjie van Ben S­to­kes ge­neem het. Ra­ba­da is vir ’n toets ge­skors na­dat hy op die eer­ste dag vir dié kol­wer toe­ge­snou het. Chris Mor­ris is straks in die bin­ne­baan om Ra­ba­da te ver­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.