ANC moet mo­re­le krag te­rug­kry, sê Cy­ril

Beeld - - Nuus - – News24

Die ANC moet daar­aan werk om die “mo­re­le krag” wat sy be­staan reg­ver­dig, te­rug te kry, sê adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa.

Ra­map­ho­sa, wat ook ad­junk­pre­si­dent van die ANC is, het Vry­dag­aand by ’n geld­in­sa­me­ling­se­te van die U­ni­ted Met­ho­dist C­hurch of Sout­hern A­fri­ca in Mt­ha­tha in die Oos-Kaap ge­praat.

Hy sê die pas af­ge­lo­pe be­leids­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg het vir die ANC ’n plat­form ge­skep om te “her­nu en nu­we le­we in die par­ty te blaas”.

Hy het eg­ter nie hier­oor uit­ge­wei nie.

“Ons het die ver­lo­re grond­slag te­rug­ge­kry wat ons moes prys­gee om­dat daar te veel ge­fo­kus is op in- ter­ne ge­skil­le en teen­stry­dig­he­de.

“Ons moet weer die las van ons men­se dra en ons toe­wy daar­aan om hul­le na die be­loof­de land te lei,” sê hy.

Ra­map­ho­sa het ook ge­praat oor be­weer­de staat­skaping.

Hy het die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Ker­ke (SARK) ge­prys vir die ver­slag oor staat­skaping en kor­rup­sie wat hy in Mei uit­ge­reik het.

In dié ver­slag word daar on­der meer na p­res. Ja­cob Zu­ma as “mags­e­li­te” ver­wys en ge­sê dat hy die staat on­der­myn het.

“Die kerk bly ’n be­lang­ri­ke mo- re­le stem in die o­pen­ba­re le­we van hier­die land.

“Dit is nie ’n ver­ras­sing nie dat die SARK ver­plig ge­voel het om te re­a­geer op die be­we­rings oor die kor­po­ra­tie­we ka­ping van o­pen­ba­re in­stel­lings.

“Toe die SARK ’n pa­neel saam­ge­stel het om die ver­slag op te stel, het dit die kerk se groot toe­wy­ding be­ves­tig om dít wat in die sa­me­le­wing skeef­loop, te pak,” sê hy.

Ra­map­ho­sa het nie kom­men­taar ge­le­wer op die spe­si­fie­ke be­son­der­he­de in die ver­slag oor on­lang­se ont­hul­lings oor die Gup­ta-fa­mi­lie se e-pos­bood­skap­pe wat uit­ge­lek het nie.

Ra­map­ho­sa het be­klem­toon dat al­le­daag­se ANC-le­de en af­vaar­di- gings van ANC-tak­ke op die be­leids­kon­fe­ren­sie die par­ty aan sy “wa­re aard en ka­rak­ter” her­in­ner het.

“Dit was men­se van die ge­meen­skap­pe wat jul­le (die kerk) dien wat die lei­ers­korps van hul toe­wy­ding ver­tel het om die ANC se wa­re waar­des en tra­di­sies weer in te stel.”

Ra­map­ho­sa sê dit is tyd dat die ANC en die Suid-A­fri­kaan­se sa­me­le­wing in die ge­heel hul oog op die toe­koms hou.

“Ons moet ons­self her­in­ner aan die soort sa­me­le­wing waar­oor ons so lank ge­droom het, waar­voor ons ge­veg het en waar­voor so baie dood is,” het Ra­map­ho­sa ge­sê.”

Adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.