Gup­tas: DA wil weet van mi­li­tê­re in­lig­ting

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die DA wil hê No­si­vi­we Ma­pi­saN­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging en mi­li­tê­re ve­te­ra­ne, moet aan die par­le­ment ver­dui­de­lik hoe dit moont­lik is dat die Gup­ta-fa­mi­lie ge­klas­si­fi­seer­de mi­li­tê­re in­lig­ting oor die lug­mag­ba­sis Wa­ter­kloof be­kom het.

Dit volg op die hoof­be­rig gis­ter in Sun­day Ti­mes waar­in nog ver­doe­men­de in­lig­ting oor die Wa­ter­kloof­de­ba­kel in 2013 aan die lig ge­kom het.

Die Gup­tas se pri­va­te vlieg­tuig met brui­lofs­gas­te het in Mei dié jaar by die lug­mag­ba­sis ge­land. Sun­day Ti­mes be­rig sen­si­tie­we mi­li­tê­re in­lig­ting en kaar­te oor die lug­mag­ba­sis is met die vol­le sa­me­wer­king van men­se in die re­ge­ring aan die Gup­tas ge­gee. Dit is glo boon­op met on­vei­li­ge e-pos­stel­sels soos Gmail, Ya­hoo en Hot­mail aan­ge­stuur.

’n Uit­ge­lek­te e-pos wys ’n kap­tein in die lug­diens wat die brui­lofs­gas­te na Suid-A­fri­ka ge­bring het, het To­ny Gup­ta voor­af ge­vra om dié in­lig­ting by per­so­neel­le­de van die lug­mag te kry.

Dit is on­be­kend waar­om dié lug­diens die lug­mag se hulp no­dig ge­had het om­dat dit (hoe­wel min­der ge­de­tail­leerd) by die Bur­ger­lug­vaar­to­wer­heid be­skik­baar is. Dit is ook nie be­kend hoe­kom die lug­mag nie amp­te­lik daar­voor ge­vra is nie. Ene kap­tein N. Mal­ka­ni vra in die e-pos aan To­ny Gup­ta om lt.kol Chris­ti­ne An­der­son te vra vir na­vi­ga­sie­hulp.

Die uit­ge­lek­te e-pos wys ook die Gup­tas het tot ak­sie oor­ge­gaan toe Jet Air­ways, die lug­diens wat die gas­te ver­voer het, hul­le daar­op ge­wys het dat hul­le toe­stem­ming van die lug­mag en die Bur­ger­lug­vaar­to­wer­heid be­no­dig. Toe­stem­ming is nooit ge­gee nie en die Gup­tas het hul­le tot die In­die­se ho­ë­kom­mis­sa­ri­aat in P­re­to­ria ge­wend om te help. As­hu C­ha­wla, uit­voe­ren­de hoof van die Gup­tas se Sa­ha­ra-groep, het die lug­diens, wat ge­dreig het om eer­der op O.R. Tam­bo te land, laat weet: “Ons land be­slis op Wa­ter­kloof.”

Die kaar­te is glo deur An­der­son, wat in­tus­sen af­ge­tree het, aan Bru­ce Ko­lo­a­ne, toe hoof van pro­to­kol in die de­par­te­ment van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­king en sa­me­wer­king, ge­stuur. Vol­gens die e-pos was Ko­lo­a­ne, nou am­bas­sa­deur in Ne­der­land, in­stru­men­teel daar­in dat die plan­ne en kaar­te aan C­ha­wla ge­stuur is.

Ko­bus Ma­rais, die DA se woord­voer­der oor ver­de­di­ging en mi­li­tê­re ve­te­ra­ne, sê dié par­ty sal aan die voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ver­de­di­ging skryf en haar vra dat Ma­pi­sa-N­qa­ku­la drin­gend moet kom ver­dui­de­lik hoe dit moont­lik is dat die Gup­tas ge­klas­si­fi­seer­de mi­li­tê­re in­lig­ting be­kom het. As die be­we­rings waar is, het die Gup­ta-fa­mi­lie en hul me­de­wer­kers moont­lik die Ver­de­di­gings­wet, die Wet op die In­kom­ste­diens en die Wet op Doe­a­ne en Ak­syns oor­tree deur nie toe­stem­ming te ver­kry van die Bur­ger­lug­vaar­to­wer­heid, die weer­mag en die SuidA­fri­kaan­se In­kom­ste­diens nie, sê Ma­rais. Ma­pi­sa-N­qa­ku­la het aan Sun­day

Ti­mes ge­sê dié nu­we in­lig­ting sal “moont­lik ver­der on­der­soek moet word”.

No­si­vi­we Ma­pi­saN­qa­ku­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.