ANC eis po­li­sie­op­tre­de teen BLF­in­ti­mi­da­sie

Beeld - - Nuus - Ts­hi­di Ma­dea News24

en

Die ANC het ’n be­roep op die po­li­sie ge­doen om teen die lei­ers en le­de van Black First Land First (BLF) op te tree oor hul voort­sle­pen­de po­gings om joer­na­lis­te te in­ti­mi­deer.

Die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg het die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef) se aan­soek om ’n drin­gen­de in­ter­dik teen die BLF Vry­dag toe­ge­staan.

Dit volg na­dat die BLF bui­te die huis van die joer­na­lis Pe­ter Bru­ce be­toog en ver­skeie an­der joer­na­lis­te ge­ïn­ti­mi­deer en ge­dreig het.

Daar was ná die uit­spraak cha­os bui­te die hof toe BLF-le­de joer­na­lis­te aan­hou dreig het.

“Na­dat die hof die in­ter­dik teen die in­ti­mi­da­sie van joer­na­lis­te toe- ge­staan het, het hul­le on­mid­del­lik die teen­oor­ge­stel­de ge­doen,” het Zi­zi Kod­wa, die ANC se na­si­o­na­le woord­voer­der, Sa­ter­dag ge­sê.

Die BLF het in­tus­sen in ’n ver­kla­ring ge­sê hul­le sal nie meer bui­te joer­na­lis­te se huis be­toog nie en “het nooit be­doel om hul­le op e­ni­ge ma­nier leed aan te doen nie”.

Kod­wa het ge­sê wets­toe­pas­sers moet die hof se in­te­gri­teit her­stel en op­tree teen die­ge­ne wat ver­ant­woor­de­lik is vir die in­ti­mi­da­sie van joer­na­lis­te.

Die BLF het joer­na­lis­te ge­tei­ken wat ras­sis­ties is en na hul­le as “as­ka­ri’s” ver­wys. “As­ka­ri” is ’n term wat in die a­part­heids­ja­re ge­bruik is vir die­ge­ne wat om­ge­swaai het van ’n vry­heids­veg­ter na ’n spi­oen vir die a­part­heids­re­ge­ring.

“Die po­li­sie het die ver­ant­woor­de­lik­heid om te ver­se­ker dat die reg­te van ons bur­gers nie on­der­myn word nie. Hul­le moet ook se­ker maak me­di­a­vry­heid word nie on­der­myn deur joer­na­lis­te met ge­weld en in­ti­mi­da­sie te dreig nie,” het Kod­wa ge­sê. Die po­li­sie moet die ge­loof­waar­dig- heid van die ho­we her­stel en moet hier­die skur­ke in heg­te­nis neem.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, het Sa­ter­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê hy ver­wel­kom die hof se be­sluit om Sa­nef se in­ter­dik toe te staan.

Hy het ’n be­roep op die BLF ge­doen om op te hou om joer­na­lis­te te teis­ter. “Ons moet die reg hand­haaf en ver­wag van al­mal om die hof­uit­spraak te re­spek­teer. Die po­li­sie gaan nie hui­wer om teen die­ge­ne op te tree wat die hof se be­slui­te wil min­ag nie.

“Joer­na­lis­te kan nie en moet nooit stil­ge­maak word nie. Hul­le speel ’n kri­tie­ke rol in ons de­mo­kra­sie. Hul­le lig ons men­se in en voed hul­le op. Hul­le is die stem van die stem­lo­se en die ge­mar­gi­na­li­seer­de Suid-A­fri­ka­ners.’’

Fi­ki­le M­ba­lu­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.