Nr. 3 ’n eer, sê Kar­lien

Beeld - - Nuus - Si­mon Sonnekus

“Ek voel so ge­ëerd dat God my met nog een van sy kin­ders ver­trou en dat ek kan deel hê aan hier­die kind se le­we en doel op aar­de,” sê die san­ge­res Kar­lien van Jaars­veld.

“Ek kry ’n ba­ba! Wow!” het sy aan Beeld ge­sê.

“So, dis wat vol­gen­de vir my voor­lê: Leer hoe werk die di­na­mi­ka van drie kin­ders.”

Sy het op 9 Mei op Fa­ce­book aan­ge­kon­dig dat sy en haar man, Joe B­rey­ten­bach, hul eer­ste­ling ver­wag.

Kar­lien is reeds die ma van twee­ling­seuns, E­li­ah en Daniel, wat ge­bo­re is uit haar hu­we­lik met die rug­by­spe­ler De­rick Hou­gaard. Hul­le is in Ok­to­ber 2015 ge­skei.

Kar­lien het Vry­dag­aand op die hoof­ver­hoog op die In­ni­bos-fees in M­bom­be­la (Nel­spruit) op­ge­tree.

Vol­gens haar is die A­fri­kaan­se mu­siek­be­dryf soos die Kaap­se wyn­land.

“Jy kry jou wyn waar­oor jy bler­rie spyt is jy het jou geld span­deer en daai boer het ge­woon­lik ook net ’n ty­de­li­ke be­staan in die wyn­be­dryf. Dan kry jy jou ge­wil­de wyn soos ’n Tas­sen­berg.”

Vol­gens haar be­reik elk­een ’n ou­der­dom waar hul­le Tas­sen­berg pro­beer en baie daar­van hou of glad nie.

“Dié wat dit niks ge­li­ke het nie, het nog­tans deur­ge­druk, want dit bly maar goed­koop. Maar die mees­te van ons ont- groei daai smaak. Dan kry jy jou wy­ne wat el­ke jaar die­self­de son kry en ook ge­noeg ska­du­wee om sy naam lek­ker aan die gang te hou.

“En dan is daar wy­ne wat nooit hul naam ver­loor of naam weg­gooi of te­leur­stel nie. Aan hul­le span­deer jy jou geld en weet jy gaan ’n goeie aand hê en mô­re ook nog goed kan praat oor die wyn.

“Daar is nu­we na­me wat sal bly en na­me wat sal ver­dwyn, maar jis, ek lo­ve ’n goeie wyn, en Fran­ja (du P­les­sis), Ap­pel (Chris­toph Kot­zé) en Jo Black is goeie nu­we wyn.”

Sy sê In­ni­bos is een van haar guns­te­ling­fees­te.

“Dis cra­zy om so baie men­se voor jou te sien sit en te weet dat elk­een sy eie voor­keur in mu­siek, men­se, per­soon­lik­he­de en styl het . . . dis al­tyd ’n goeie fees met goeie men­se en goeie gees.”

Sy hou baie daar­van as men­se lek­ker han­de klap na­dat sy ’n lied­jie ge­sing het, want dit wys hul­le het waar­de­ring vir haar mu­siek.

“Toe ek en my broer klein was, het ons ge­reeld kon­sert ge­hou by die fa­mi­lie­braais en as ie­mand nie han­de ge­klap het nie, wou ons nie meer vir hul­le sing nie. Ha-ha! Dis maar van­dag nog so.”

Sy sê fees­te soos In­ni­bos bied ge­leent­he­de aan jong kuns­te­naars.

“Wel, ie­wers moet jy ge­sien en ge­hoor word en daar­voor is ek vir el­ke jong kuns­te­naar on­ge­loof­lik dank­baar . . . Dis hoe ek en Bobs (haar san­ger-broer, Bob­by van Jaars­veld) be­gin het en dit sal al­tyd ’n gre­at her­in­ne­ring wees.”

Kar­lien is “on­ge­loof­lik op­ge­won­de” oor die twee­de reeks van die Via-te­le­vi­sie­pro­gram Bob­by en Kar­lien: In jou skoe­ne. Die ver­fil­ming be­gin bin­ne­kort.

“In jou skoe­ne laat my voel ek le­we, my he­le we­se le­we, want ek kan fo­kus op an­der men­se en din­ge by hul­le leer.”

Kar­lien is ’n groot aan­han­ger van The Voi­ce en sê sy is trots op haar broer, wat een van die be­oor­de­laars is.

“Al­mal in The Voi­ce sing be­ter as ek . . . The Voi­ce is ’n kwa­li­teit­pro­gram. Ek kyk sel­de te­le­vi­sie en as ek iets kyk, is dit Paw Pa­trol. Maar ek maak tyd vir The Voi­ce en my kin­ders wil heel­tyd vir oom Pie­tie (Bob­by) kyk.”

Fo­to: SI­MON SONNEKUS

Kar­lien van Jaars­veld Vry­dag­aand by In­ni­bos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.