‘Ma’ is Ro­le­ne se guns­te­ling­ti­tel

Beeld - - Nuus - Si­mon Sonnekus

Van al die ti­tels wat Ro­le­ne S­trauss al ge­had het, bly “ma” haar guns­te­ling.

S­trauss het Sa­ter­dag ’n fo­to op In­sta­gram ge­plaas van waar sy haar ba­ba­seun­tjie, wat Don­der­dag ses maan­de oud is, ’n druk­kie gee.

Sy sê dit was vir haar al­tyd vreemd as ma’s hul kin­ders se myl­pa­le deel, maar nou­dat sy ’n pienk­voet het, kan sy nie wag om die­self­de te doen nie.

“Ek het dit al­tyd vreemd ge- vind wan­neer ma’s fo­to’s deel van hoe hul kin­ders vir die eer­ste keer sit of hoe hul­le tan­de kry. Nou kan ek nie wag dat my seun­tjie sy vol­gen­de myl­paal be­reik nie. Hy word so vin­nig groot,” sê die voor­ma­li­ge Mej. Wê­reld.

Sy vol­tooi tans haar fi­na­le jaar as me­die­se stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat en sê sy sien uit daar­na om klaar te maak.

“Die plan is dat ek vir eers my in­ter­n­ja­re uit­stel en tyd met my kind deur­bring.

“Ver­der kyk ek ook daar­na om aan die Ro­le­ne S­trauss-han­dels­naam te werk,” sê sy.

T­he­re­sa S­trauss, Ro­le­ne se ma, sê sy sien haar klein­kind min­stens een keer ’n maand en wan­neer sy kan, be­derf sy hom met ’n “iet­sie­tjie”. “Dit is al­tyd vir my baie lek­ker om my klein­seun, wat nou al twee tand­jies het, te sien. Ons help Ro­le­ne graag om al haar bal­le in die lug te hou,” sê sy.

T­he­re­sa sê sy is dank­baar dat die man­ne­tjie ’n rus­ti­ge ba­ba is, ver­al met Ro­le­ne se be­si­ge ske­du­le.

“Die lie­we He­re het ge­weet hoe mal haar (Ro­le­ne) se ske­du­le is en dat haar ba­ba moet rus­tig wees,” sê sy.

Ro­le­ne sê al maak dit nie veel saak nie, het sy en haar man, D’Niel, ’n kom­pe­ti­sie om te sien hoe­veel men­se sê hul ba­ba lyk na wat­ter ou­er. “Ek loop in dié sta­di­um voor. Hy lyk de­fi­ni­tief meer na sy ma,” sê sy lag­gend.

Fo­to: IN­STA­GRAM

“Ses maan­de, my lief. Kan my le­we son­der jou nie voor­stel nie,” het Ro­le­ne S­trauss by dié fo­to op so­si­a­le me­dia ge­skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.