Koe­ël­vas­te baad­jie ‘red ben­de­lei­er se le­we’

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Ralph S­tan­field se aan­val­lers het sy be­we­gings dop­ge­hou en pre­sies ge­weet waar hy sou wees.

Só meen ’n bron wat be­kend is met die Kaap­se on­der­wê­reld.

Dié en nóg ’n bron sê die aan­val waar­in S­tan­field Don­der­dag in Mel­ro­se, Jo­han­nes­burg, ver­skeie ke­re ge­skiet is, was be­slis ’n aan­slag op sy le­we.

S­tan­field, die ver­meen­de lei­er van die 28-ben­de in Be­a­con Val­ley, Mit­chells Plain, is in ’n erns­ti­ge toe­stand in ’n pri­va­te hos­pi­taal in Gau­teng.

Hy is Don­der­dag om­streeks 13:00 by die At­hol Oak­lands­weg-af­rit in Mel­ro­se deur on­be­ken­de aan­val­lers ge­skiet.

Nog ’n per­soon was saam met hom in die wit Au­di R8 toe hy ge­skiet is.

S­tan­field was glo in Jo­han­nes­burg op sa­ke.

Hy kon daar­in slaag om van sy aan­val­lers af weg te jaag. Hy het na die Me­di­cli­nic Mor­nings­i­de ge­jaag waar hy in die par­keer­ter­rein voor die hos­pi­taal be­heer oor sy mo­tor ver­loor en teen drie an­der voer­tuie ge­bots het.

S­tan­field is in die waak­een­heid op­ge­neem en die­self­de mid­dag is ’n o­pe­ra­sie op hom uit­ge­voer.

Kapt. Ma­vela Ma­son­do, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, het gis­ter be­ves­tig hy is steeds in ’n erns­ti­ge toe­stand.

“Ons wag dat hy ’n bie­tjie ster­ker word voor­dat ons sy ver­kla­ring kan neem,” het hy ge­sê.

Bron­ne het Don­der­dag ge­sê 14 sko­te is op die mo­tor af­ge­vuur.

S­tan­field is ’n paar keer in die bo­lyf ge­tref.

’n Bron het Vry­dag­og­gend ge­sê die koe­ël­vas­te baad­jie wat hy ge­dra het, het waar­skyn­lik sy le­we ge­red.

Met sy ver­sky­ning in Ok­to­ber ver­le­de jaar in die pri­o­ri­teits­hof in K­haye­lit­sha, Kaap- stad, is S­tan­field vir die eer­ste keer met ’n koe­ël­vas­te baad­jie op­ge­merk.

Hy is toe ge­vra of hy vir ’n aan­slag op sy le­we vrees, maar het nie die vraag be­ant­woord nie.

In No­vem­ber het hy by die be­graf­nis van Noor­u­dien Has­san, ’n Kaap­se pro­ku­reur wat ver­meen­de ben­de­le­de in die hof ver­de­dig het, ook ’n koe­ël­vas­te baad­jie ge­dra.

Ma­son­do sê die po­li­sie on­der­soek ’n klag van po­ging tot moord.

S­tan­field se vrou, Ni­co­le John­son, het Don­der­dag­aand na Jo­han­nes­burg ge­vlieg om haar man by te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.