‘En­ke­le re­ën­buie breek nie droog­te nie’

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die kou­e­front wat die WesKaap gis­ter­og­gend ge­tref het, sal nie lank hou nie en gaan ook nie na die bin­ne­land uit­brei nie, sê die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens.

Way­ne Ven­ter, weer­voor­spel­ler, sê die kou­e­front sal teen mô­re heel­te­mal op­ge- klaar het.

Ven­ter sê ook die kou­e­front sal nie veel na die bin­ne­land toe be­weeg nie.

“Daar kon nog teen gis­ter­aand sneeu op die berg­pie­ke in die Wes-Kaap­se bin­ne­land en re­ën in die sui­de­li­ke de­le van die Noord-Kaap ver­wag word.”

Hy sê teen vroeg van­og­gend kan re­ën in die sui­de­li­ke en we­s­te­li­ke de­le van die OosKaap voor­kom.

“Dit is eg­ter en­ke­le re­ën­buie wat voor­spel word. Niks noe­mens­waar­dig nie.

“Dit sal die droog­te­pro­bleem nie help op­los nie.”

Teen mô­re sal son­ni­ge weers­om­stan­dig­he­de in die he­le land heers, sê hy.

“Lig­te re­ën­buie kan mô­re aan die K­waZu­lu-Na­tal­se kus voor­kom.

“Die die Wes-Kaap kan koel tot koue tem­pe­ra­tu­re ver­wag, maar dit gaan nie daar re­ën nie.”

Hy sê daar is ’n kans dat ’n kou­e­front die Wes-Kaap weer vol­gen­de na­week sal tref.

“Dit is dalk nog ’n bie­tjie te vroeg om te sê, maar daar is ’n stel­sel wat be­sig is om te ont­wik­kel wat die Wes-Kaap die na­week weer kan tref.”

Wat die weers­om­stan­dig­he­de in Gau­teng, Noord­wes, M­pu­ma­lan­ga, Lim­po­po en die Vry­staat be­tref, sal dit die he­le week son­nig wees.

Geen waar­sku­wings is vir die ko­men­de week uit­ge­reik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.