Boer voor op 2 aan­klag­te van moord

Beeld - - Nuus - – Mi­ke van Rooy­en

’n Vei­lig­heids­ko­ör­di­neer­der van Vry­staat Land­bou (VL) in die Fou­ries­burg-dis­trik ver­skyn aan die ein­de van die maand in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof in Beth­le­hem op twee aan­klag­te van moord.

Jo­sef van Ee­den (34), ’n boer van die plaas Swart­fon­tein in die dis­trik, word daar­van aan­ge­kla dat hy Ba­bi­ki A­bra­ham Mo­koe­na (34) op 7 De­sem­ber 2015 op die Li­ba­non-pad in die dis­trik dood­ge­skiet het.

Hy word ook daar­van aan­ge­kla dat hy So­ka Jo­han­nes Mahla­ku (60) op 8 Ok­to­ber 2016 op die plaas De Hoek ver­moor het deur met sy bak­kie oor hom te ry.

Die staat be­weer Van Ee­den was as vei­lig­heids­ko­ör­di­neer­der ’n lid van die span wat on­der­soek ge­doen het na dief­stal­le in die dis­trik. Mo­koe­na was ’n ver­dag­te. ’n An­der boer het glo op 7 De­sem­ber ge­sê hy het Mo­koe­na met sy vrou en kind op ’n gruis­pad sien loop.

Toe Van Ee­den daar aan­kom, het hy na be­we­ring vir Mo­koe­na ge­gryp.

Die staat sê in sy klag­staat Mo­koe­na het pro­beer los kom en ’n byl­tjie uit­ge­haal waar­mee hy na Van Ee­den ge­kap het.

Die byl het glo op die grond be­land.

Die staat be­weer Van Ee­den het toe ’n re­wol­wer uit­ge­haal en drie sko­te na Mo­koe­na ge­vuur.

Ná die twee­de skoot het Mo­koe­na glo sy han­de in die lug ge­steek en pro­beer weg­hard­loop.

Toe word hy weer ge­skiet, be­weer die staat.

Hy is op die to­neel dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.