Ben­de ag­ter­volg toe­ris­te van lug­ha­we

KORT­LIKS

Beeld - - Nuus -

’n Ge­sin van Sa­oe­di-Ara­bië wat gis­ter­og­gend op die O.R. Tam­bo­lug­ha­we bui­te Jo­han­nes­burg ge­land het, is glo deur ’n ben­de wat hul­le soos po­li­sie­le­de ver­mom het, ag­ter­volg en be­roof.

Die ge­sin was op die M2-snel­weg op pad na Ro­se­bank in Jo­han­nes­burg toe die ben­de hul­le voor­ge­keer het.

“Die ro­wers het in ’n sil­wer Nis­san-voer­tuig ge­ry en vir die slag­of­fers be­duie om net voor die C­le­ve­land-af­rit stil te hou,” het lt.kol. Kat­le­go Mo­ga­le, ’n po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê.

“Die be­stuur­der het so ge­maak en hul­le is al­mal van hul sel­fo­ne en kon­tant be­roof.”

’n Klag van ge­wa­pen­de roof word on­der­soek.

Mo­ga­le het be­ves­tig die po­li­sie on­der­soek an­der soort­ge­ly­ke sa­ke waar­in men­se van die lug­ha­we af ag­ter­volg en la­ter be­roof is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.