Bot­sing in Kemp­ton Park eis 2 kin­ders

Beeld - - Nuus - – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Twee kin­ders is dood en drie an­der men­se het ge­rin­ge tot erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen in ’n bot­sing tus­sen twee mo­tors Sa­ter­dag­aand in Kemp­ton Park.

’n Ses maan­de oue ba­ba­mei­sie is in haar ba­bastoel­tjie in die bos­se ge­kry. Sy is lig be­seer. I­ne­ke van Huys­steen, woord­voer­der van ER24-nood­diens­te, het ge­sê ’n agt­ja­ri­ge seun en ’n d­rie­ja­ri­ge mei­sie is op die to­neel dood ver­klaar.

Vol­gens Van Huys­steen het die voer­tuig op die hoek van At­las- en Bass­weg op sy sy ge­lê toe nood­diens­wer­kers op die to­neel aan­ge­kom het.

“’n Vrou het na­by die mo­tor ge­lê. Sy was in ’n erns­ti­ge toe­stand.

“’n Man wat in die om­ge­wing ge­stap het, is raak­ge­ry en het ge­rin­ge be­se­rings ge­had,” het Van Huys­steen ge­sê.

Die drie slag­of­fers is op die to­neel be­han­del voor­dat hul­le na ’n plaas­li­ke hos­pi­taal ge­bring is.

Die on­der­soek na die bot­sing duur voort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.