2 stro­pers in re­ser­vaat dood­ge­skiet

Nog 3 die vo­ri­ge dag ge­ar­res­teer

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Twee ver­meen­de re­nos­ter­stro­pers is gis­ter­og­gend vroeg in die Hluhlu­we-iM­fo­lo­zi-na­tuur­re­ser­vaat in K­waZu­lu-Na­tal dood­ge­skiet na­dat drie die vo­ri­ge og­gend in heg­te­nis ge­neem is.

Mu­sa Mn­tam­bo, woord­voer­der van E­zem­velo KZN, sê veld­wag­ters het om­streeks 03:30 stem­me in die om­ge­wing van N­qo­lo­thi in die re­ser­vaat ge­hoor.

“Om­dat dit vol­maan was, was veld­wag­ters op hul hoe­de, want die mees­te stro­pe­ry vind dié tyd van die maand plaas,” sê Mn­tam­bo.

Die veld­wag­ters het vyf ver­meen­de stro­pers ge­sien. Een het ’n .303-ge­weer by hom ge­had.

Vol­gens Mn­tam­bo het die veld­wag­ters hul flits­lig­te aan­ge­ska­kel, op die ver­dag­tes ge­skyn en die stro­pers op­drag ge­gee om die vuur­wa­pen neer te sit.

“Een van die ver­dag­tes het die .303 op die veld­wag­ters ge­rig. Een van die veld­wag­ters het be­gin skiet en twee ver­dag­tes is nood­lot­tig ge­wond.

“Die .303 het ge­val en die veld­wag­ters het dit op­ge­tel ter­wyl die res van die ver­meen­de stro­pers weg­ge­hard­loop het.”

Die K9-een­heid is ge­bruik om die drie mans se voet­spo­re te volg. Hul­le is nog nie aan­ge­keer nie.

’n Sterk moont­lik­heid be­staan dat die twee mans wat dood­ge­skiet is, saam met nog drie stro­pers ge­werk het wat Sa­ter­dag­og­gend na­by die dor­pie Hluhlu­we in die noor­de van K­waZu­lu-Na­tal in heg­te­nis ge­neem is.

Die po­li­sie en E­zem­velo se veld­wag­ters het ’n .458-jag­ge­weer en ne­ge pa­tro­ne by dié mans ge­kry, sê Mn­tam­bo.

St­ha­bi­so C­hi­li­za, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van E­zem­velo, het die veld­wag­ters en die po­li­sie ge­luk­ge­wens om­dat hul­le in 24 uur vyf ver­meen­de stro­pers ge­stuit het.

Mn­tam­bo sê 142 re­nos­ters is al van­jaar in KZN vir hul ho- rings dood­ge­maak.

Die Hluhlu­we-iM­fo­lo­zi-na­tuur­re­ser­vaat word die erg­ste deur die stro­pe­ry ge­raak. ) In­tus­sen is ’n drag­ti­ge re­nos­ter­koei wat bin­ne dae sou kalf, in die Riet­vlei-na­tuur­re­ser­vaat in P­re­to­ria dood.

Sy is na ver­neem word ge­skiet en het vir haar stro­pers weg­ge­hard­loop.

Haar kar­kas is die na­week in die re­ser­vaat ge­kry. Sy het dood­ge­bloei.

Haar ho­rings is nie ver­wy­der nie.

Woord­voer­ders van die Tshwa­ne-me­tro was nie vir kom­men­taar be­skik­baar nie. ) Be­wa­rings­or­ga­ni­sa­sies van oor die wê­reld heen het op T­wit­ter uit­ge­vaar teen Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, en haar ge­daag om in te gryp.

Hul­le vra ook dat sy on­mid­del­lik die sy­fers be­kend maak van re­nos­ters wat se­dert be­gin van­jaar oor die land heen vir hul ho­rings dood­ge­maak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.