Re­ën help op­vlam­mings aan die Tuin­roe­te keer

Beeld - - Nuus - Eu­ge­ne Gun­ning

Die koel re­ën­weer wat gis­ter oor die Tuin­roe­te in­be­weeg het, het ge­help om die ver­de­re op­vlam­ming van bran­de in die ge­bied te keer.

Al­le bran­de is in be­dwang, maar brand­be­stry­ders het op ’n ge­reed­heids­grond­slag ge­bly.

Se­dert Vry­dag het bran­de weer op ver­skeie plek­ke in die Knys­na- en P­let­ten­berg­baai-ge­bied en na­by Al­ber­ti­nia op­ge­vlam.

Sa­ter­dag was daar ook ’n brand op ’n pri­va­te wild­plaas noord van Oudts­hoorn in die Swart­ber­ge. Dit is ook la­ter on­der be­heer ge­bring.

C­harl Wa­de, ’n be­stuur­der van die Suid-Kaap­se Brandbeskermingsvereniging (SKBBV), het ge­sê die brand na­by Al­ber­ti­nia is Vry­dag­mid­dag laat met lug­steun on­der be­heer ge­bring. Dit is hoof­saak­lik veld en lan­de­rye wat af­ge­brand het.

O­prui­mings­werk is Sa­ter­dag­og­gend voort­ge­sit en brand­be­stry­ders het la­ter die dag ont­trek.

Vol­gens Wa­de het die re­ën wat gis­ter uit­ge­sak het, die si­tu­a­sie ver­ge­mak­lik.

Paul Ger­ber, hoof­be­stuur­der van die SKBBV, sê daar is nog drie plek­ke in die Knys­na-P­let­ten­berg­baai-ge­bied waar bran­de smeul.

“Ons hou dit dop. Dit is baie on­toe­gank­li­ke ter­rein. Dit hou nie ’n groot ri­si­ko in nie.”

Hy het ge­waar­sku dat ui­ter­ste toe­stan­de soos storm­wind en baie droë toe­stan­de die si­tu­a­sie vin­nig kan laat ver­an­der.

“In dié sta­di­um is al die bran­de on­der be­heer, maar dit word ge­mo­ni­tor. ‘On­der be­heer’ be­te­ken dat daar geen oop vlam­me brand nie en dit kan nie ver­der ver­sprei nie.”

Gis­ter was brand­be­stry­ders van die SKBBV, Werk met Vuur en die brand­weer­diens­te van Knys­na en die E­den­dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit op by­stand in die ge­bied.

’n He­li­kop­ter het ook ge­reed ge­staan om lug­steun te ver­skaf.

“Die si­tu­a­sie lyk be­ter en ho­pe­lik sal die re­ën dit ver­ge­mak­lik,” het Ger­ber ge­sê.

Vol­gens hom sal 50 mm re­ën moet uit­sak voor­dat dit nie meer no­dig sal wees om die si­tu­a­sie dop te hou vir moont­li­ke op­vlam­mings nie.

Fo­to: SUID­KAAP­SE BRANDBESKERMINGSVERENIGING

Le­de van die Suid­Kaap­se Brandbeskermingsvereniging help met brand­be­stry­ding by Ruig­te­vlei na­by Knys­na. Die fo­to is on­langs ge­neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.