!K­ho­ma­ni­land­skap nou er­fe­nis­ge­bied

Beeld - - Nuus - A­ne­na Bur­ger

Die !K­ho­ma­ni- kul­tu­re­le land­skap is Sa­ter­dag in Kra­kow, Po­le, op die 41ste ver­ga­de­ring van die Wê­reld­er­fe­nis­ko­mi­tee van die Ver­e­nig­de Na­sies (VN) se Op­voed­kun­di­ge, We­ten­skap­li­ke en Kul­tu­re­le Or­ga­ni­sa­sie (Unesco) tot ’n wê­reld­er­fe­nis­ge­bied ver­klaar.

Unesco sê in ’n ver­kla­ring op sy web­werf A­fri­ka het nou drie wê­reld­er­fe­nis­ge­bie­de.

Dit is die !K­ho­ma­ni- kul­tu­re­le land­skap in die Ka­la­ha­ri, As­ma­ra in Eri- trea en M­ban­za Kon­go, vroe­ër die po­li­tie­ke en gees­te­li­ke hoof­stad van die Kon­go.

Die !K­ho­ma­ni- kul­tu­re­le land­skap is teen die gren­se van Botswa­na en Na­mi­bië in die noor­de van Suid-A­fri­ka. Dit vorm deel van die K­gala­ga­di-oor­grens­park.

“Dié groot woes­tyn­ruim­te be­vat be­wy­se van mens­li­ke teen­woor­dig­heid van die S­teen­tyd­perk af tot die he­de en word ge­as­so­si­eer met die kul­tuur van die no­ma­die­se !K­ho­ma­ni-San en die stra­te­gieë wat hul­le toe­ge­laat het om by die moei­li­ke woes­tyn­toe­stan­de aan te pas,” sê Unesco.

“Hul­le het ’n spe­si­fie­ke et­no­bo­ta­nie­se ken­nis, kul­tu­re­le prak­ty­ke en ’n wê­reld­be­skou­ing ont­wik­kel wat ver­band hou met hul om­ge­wing se ge­o­gra­fie­se ken­mer­ke.

“Die !K­ho­ma­ni- kul­tu­re­le land­skap ge­tuig van die le­wens­wy­se wat in die streek heers en hoe dit oor dui­sen­de ja­re ge­vorm het.”

Dirk Pie­naar van An­dries­va­le in die Ka­la­ha­ri was in Kra­kow en het ge­sê hy is oor­stelp van blyd­skap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.