Vi­ët­nam lê be­slag op 3 ton i­voor van SA

Beeld - - Nuus -

Die Vi­ët­na­me­se po­li­sie het be­slag ge­lê op by­na 3 ton i­voor wat on­der bok­se vrug­te ver­steek is, het amp­te­na­re gis­ter ge­sê.

Die staats­me­dia het ge­sê die o­li­fant­tan­de kom van Suid-A­fri­ka af.

Die po­li­sie in die pro­vin­sie T­hanh Hoa het 2,7 ton o­li­fant­tan­de in bok­se ag­ter­op ’n vrag­mo­tor op pad na Ha­noi ge­vind, lui ’n ver­slag op hul web­werf.

“Dit is die groot­ste be­slag­leg­ging op ge­smok­kel­de i­voor tot nog toe in die T­hanh Hoa-pro­vin­sie,” lui die ver­slag.

Die vrag­mo­tor­be­stuur­der be­weer hy was on­be­wus van wat hy ver­voer het, lui ’n be­rig in die staats­be­heer­de Tu­oi Tre- koe­rant.

Die po­li­sie wou gis­ter niks meer oor die voor­val sê nie.

Vi­ët­nam het han­del in i­voor in 1992 ver­bied, maar die land bly ’n toon­aan­ge­wen­de mark vir i­voor­pro­duk­te wat plaas­lik vir de­ko­ra­tie­we doel­ein­des aan­ge­wend word of ge­bruik word in tra­di­si­o­ne­le me­di­sy­ne, on­danks die feit dat dit geen be­we­se me­di­si­na­le eien­skap­pe het nie.

Swak wets­toe­pas­sing in dié kom­mu­nis­tie­se land het die swart­mark laat flo­reer.

Vi­ët­nam is ook ’n be­dry­wi­ge deur­gangs­roe­te vir o­li­fant­tan­de van A­fri­ka wat be­stem is vir an­der lan­de in A­sië, hoof­saak­lik C­hi­na.

In Ok­to­ber ver­le­de jaar het die doe­a­ne­o­wer­heid so­wat 3,5 ton o­li­fant­tan­de in hout­krat­te in die Kat Lai-ha­we in Ho Chi Minh-stad aan­ge­tref.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.