Son­der kin­ders sou ek dom ge­wees het

Beeld - - Kommentaar -

Gis­ter­og­gend is ek soos ge­woon­lik voor son­op wak­ker. So tus­sen die hoen­der­haan en die koe­rant. Van kleins af was ek ’n vroeë ou­tjie (se­ker bang ek mis iets).

’n Maat, ou Wags, het ja­re ge­le­de vir my ge­sê: “Blou, as jou oë oop is, moet jy le­we!”

Dis leeu­koud en die mis lê dik oor die Ca­ro­li­na-plaas, maar wee o wee, laat ek nou net ie­mand pla wat so op die Son­dag nog ’n bie­tjie wil lê! Dis klein Ou­ly­fie, ou­lie­fie O­li­via, se twee­de ver­jaar­dag en die eer­ste ding waar­oor ek val, is haar splin­ter­nu­we pienk Ra­leigh-drie­wiel.

“Ssssssjuuut,” kom dit uit die kooi, “jy gaan al­mal wak­ker maak!”

Op my to­ne sluip ek na Ou­lie­fie se ka­mer en staan se­ker tien mi­nu­te in die half­ske­mer en ver­won­der my aan die klein sla­pen­de sko­ne.

En toe dink ek aan die twee prof­fies wat in die af­ge­lo­pe week in die koe­rant be­toog het dat ons min­der of ver­kies­lik géén ba­bas in die wê­reld be­hoort te bring nie.

En toe kyk ek nog ’n mi­nuut of wat na Gou­e­lok­kies en won­der toe maar, Pro­fes­sor, hoe gaan ek dan nou klein­kin­ders hê as ek nie kin­ders ge­had het nie? Of is daar iets wat ek nie mooi ver­staan van die le­wen­si­klus nie?

Ou­kei, ek weet dat jul­le maar net ons lie­we moe­der­tjie aar­de pro­beer red, so ek per­soon­lik gee nou amp­te­lik ken­nis dat ek nie nog kin­der­tjies in die wê­reld sal help bring nie, maar oor klein­kin­ders kan ek on­ge­luk­kig niks na­mens my tel­ge en skoon­tel­ge be­lo­we nie.

En Prof, sê vir my, as ek nooit my ou kin­der­tjies ge­had het nie, waar sou ek van die le­we ge­leer het?

Oor ge­duld (dat ek dit nie het nie), van self­be­heer­sing (as hul­le drie-uur die og­gend tuis kom en dan nog boon­op te­rug­praat), van span­ning (as jy vir die der­de keer Swart­rug­gens toe ry vir sy be­stuurs­toets), van ska­re­be­heer (e­ni­ge van hul eer­ste 12 kin­der­par­ty­tjies), van blyd­skap (as hy wel met die der­de pro­beer­slag sy lik­sens kry), van die me­die­se we­ten­skap (as jy daai eer­ste melk­tand van haar self uit­pluk, al is jy nie baie mal oor bloed nie), van ge­na­de (as hy toe wel graad kry) en nog méér ge­na­de (wrag­gies ’n jop­pie ook!), van rug­by­re­ëls (as jy van die ref ver­skil wat jóú laat­ie, van al­le moont­li­ke on­skul­di­ges, ’n geel­kaart gee), van ver­gif­nis (as jy be­sef die ref was toe reg) en van kle­re­drag en mo­des (dat sy nie die­self­de rok na twee ver­skil­len­de dan­se toe mag dra nie).

Ja, Prof, hoe dom en arm sou ek nie son­der die ou bloed­jies ge­wees het nie?!

’n Oom wat se­we kin­ders het, het een­keer vir my ge­sê: “Ja, my ou maat, ek weet ons het min­stens een kind te veel, maar ons kon nog nooit be­sluit wat­ter een nie.” Net so!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.