Po­li­sie on­der­myn me­di­a­vry­heid deur BLF te ig­no­reer

Beeld - - Kommentaar -

Nog niks het ge­kom van die be­lof­tes van Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, dat daar op­ge­tree gaan word teen le­de van die Black First Land First (BLF) oor hul on­wet­ti­ge veld­tog van in­ti­mi­da­sie en ge­weld teen­oor joer­na­lis­te nie.

Skaars het die hoog­ge­regs­hof in Jo­han­nes­burg ’n in­ter­dik toe­ge­staan wat sul­ke op­tre­de ver­bied, of le­de van die BLF het die be­vel oor­tree en bin­ne en bui­te die hof voort­ge­gaan met hul on­wet­ti­ge op­tre­de.

Dié rand­groep het by mon­de van An­di­le Mngx­i­ta­ma, hul lei­er, nou ook ver­klaar hul­le sal op­hou om swart joer­na­lis­te te in­ti­mi­deer, maar het on­der­neem om steeds wit joer­na­lis­te te dreig.

Die groep is o­pen­lik be­won­de­raars van p­res. Ja­cob Zu­ma en sy roe­ke­lo­se den­ke oor grond­her­vor­ming, as­ook die self­ver­klaar­de be­sker­mers van die Gup­ta-fa­mi­lie, Suid-A­fri­ka se staat­ska­pers.

Die po­li­sie se ge­brek aan op­tre­de on­der­myn die ge­sag van die ho­we en die op­per­ge­sag van die Grond­wet en dra by tot ’n kul­tuur van a­nar­gie.

Slegs as al­le af­de­lings van die staats­huis­hou­ding ge­ko­ör­di­neerd op­tree om die on­der­my­ning van die op­per­ge­sag teen te staan, sal daar ’n wy­er kul­tuur van we­der­syd­se re­spek en ver­draag­saam­heid in die land ont­wik­kel.

M­ba­lu­la se di­lem­ma is deels waar­skyn­lik dat sy par­ty­lei­er en pre­si­dent, as­ook ook ve­le van sy kol­le­gas in die ANC, nie veel fout vind met die BLF se op­tre­de nie.

Hul­le het erns­ti­ge pro­ble­me met die on­af­hank­li­ke me­dia, want dit ont­hul hul mis­da­di­ge stro­ping van die land se bron­ne.

Die Suid-A­fri­kaan­se Re­dak­teurs­fo­rum (Sa­nef) moet ge­loof word vir sy on­ver­skrok­ke op­tre­de en teen­stand teen die BLF se op­tre­de. Dit sluit die aan­soek om die in­ter­dik in.

Die by­drae van sul­ke be­lan­ge­groe­pe is be­lang­rik, maar die in­gry­ping van die o­wer­he­de is on­ont­beer­lik.

Die po­li­sie moet die BLF-oor­tre­ders van lands­wet­te en die on­lang­se hof­be­vel so gou moont­lik in heg­te­nis neem en straf­reg­te­lik ver­volg. Dit gaan oor ’n streep wat drin­gend in die sand ge­trek moet word oor die ka­rak­ter van ons reg­staat en die be­sker­ming daar­van.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.