Haal bril van ver­le­de af

Brie­we

Beeld - - Kommentaar - I­zak S­mal­man, Bail­lie­park

Brie­we moet ver­ge­sel wees van die skry­wer se naam, a­dres en te­le­foon­nom­mer. Beeld be­hou die reg voor om brie­we te ver­kort en te re­di­geer. Ek het Mar­ga Ley se on­der­houd met Da­wie Ja­cobs (8.7) baie in­te­res­sant ge­vind. Da­wie het ’n in­druk­wek­ken­de CV en wat brief­skry­we­ry be­tref, is hy nie ’n lig­ge­wig soos ek nie.

Da­wie wys vir die so­veel­ste keer daar­op dat ons nie uit die ver­le­de leer nie. Vol­gens hom is daar in P­re­to­ria steeds oor­heer­sing deur wit men­se oor swart men­se. Ek dink Da­wie het lank­laas in P­re­to­ria se stra­te ge­stap. Boon­op het Da­wie tred ver­loor met die werk­om­ge­wing, ver­al in die staats­diens. Daar word reg­stel­len­de ak­sie on­der die vaan­del van trans­for­ma­sie to­taal uit ver­band ge­ruk. Wit men­se word by uit­son­de­ring be­vor­der.

Ek weet van swart po­li­sie­le­de wat hul wit amps­ge­no­te ver­ne­der son­der dat ’n vin­ger na die skul­di­ges ge­wys word. Ek weet van wit po­li­sie­le­de wat on­mid­del­lik die trek­pas ge­kry het om­dat hul­le ras­sis­tie­se aan­mer­kings teen­oor swart kol­le­gas ge­maak het.

’n Do­we vrou wat in P­re­to­ria by die po­li­sie­kan­toor om hulp aan­klop na­dat sy be­roof is, word uit­ge­lag en ver­ne­der. ’n Joer­na­lis (nou oor­le­de) kom in ’n ge­ha­wen­de toe­stand by ’n po­li­sie­kan­toor aan na­dat sy met ’n wind- buks in die ge­sig ge­skiet is. Haar klag­te word af­ge­lag as huis­mo­les.

Sul­ke op­tre­de teen­oor wit men­se het die norm ge­word en ek glo dit is om swart baas­skap te be­klem­toon.

Nou be­weer Da­wie dat dit hui­ge­la­ry is om vrien­de­lik teen­oor swart men­se te wees en dat swart men­se my wa­re ge­sind­heid on­der daar­die vrien­de­lik­heid sien. Geld dit ook swart men­se wat vrien­de­lik teen­oor my is?

Ek stem saam met Da­wie dat ver­soe­ning en brûe bou tus­sen ge­meen­skap­pe feit­lik tot stil­stand ge­kom het.

Da­wie sal die re­de daar­voor waar­skyn­lik by wit men­se vind. Ek dink weer dat wit men­se nou keel­vol is om al­tyd as die skul­di­ges uit­ge­wys te word wan­neer ras­se­ver­hou­dings skip­breuk ly, ver­al wan­neer hul­le geen aan­deel ge­had het aan die dis­kri­mi­na­sie wat in die ver­le­de teen swart men­se ge­pleeg is nie.

Da­wie, ek leer graag uit die fou­te wat ek in my werk en in my so­si­a­le le­we teen­oor swart men­se ge­maak het, maar ek dink dat jy nou die bril van die ver­le­de moet af­haal, an­ders gaan jy nie raak­sien dat dis­kri­mi­na­sie nou to­taal en al om­ge­keer is nie. Toe dan, man, jy is mos, vol­gens jou, ’n aarts­op­ti­mis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.